kate en william
Het jy gehoor?

Die geskiedenis agter prinses Charlotte se dooprok

Volgens Hello! word prinses Charlotte op Sondag 5 Julie in ʼn dooprok met ʼn ryk koninklike geskiedenis gedoop.

Die dooprok is ʼn replika van die rok wat destyds deur koningin Victoria se kinders gedra is. Die ontwerp van die oorspronklike dooprok is gebaseer op die trourok wat koningin Victoria gedra het toe sy in 1840 met prins Albert getrou het.

Die oorspronklike dooprok het, nadat dit deur 62 verskillende koninklike babas gedra is, te broos geword, en dit word sedert 2004 nie meer gedra nie. Koningin Elizabeth se persoonlike stilis, Angela Kelly, het toe ’n replika van die oorspronklike dooprokkie gemaak.

James Viscount Severn, die seun van prins Edward en Sophie, die gravin van Wessex, was die eerste koninklike baba wat die replika gedra het.

Prins George is in Oktober 2013 ook in dié nuwe dooprok gedoop.

Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013 FOTO: Gallo Images / Getty ImagesFOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013 FOTO: Gallo Images / Getty ImagesFOTO: Gallo Images / Getty Images

Volgens Hello! word prinses Charlotte in die St. Mary Magdalene-kerk in Sandringham gedoop. Prinses Diana is ook in dié kerk gedoop.

Lees ook: