FOTO: Instagram @styleiinspo

Het jy gehoor?

Die gevare van te veel slaap

Ons weet te min slaap is nie goed vir jou liggaam nie, maar Huffington Post berig oor die gevare van te veel slaap. 

Die meeste volwassenes benodig tussen sewe en nege uur se slaap per nag om optimaal te funksioneer. Indien jy gereeld meer as nege uur slaap, kan dit ’n teken wees van ’n onderliggende mediese toestand.

Hier is van die gevare van te veel slaap

Depressie 

In ’n 2014-studie onder volwasse tweelinge is bevind 27% van die deelnemers wat tussen sewe en nege uur per nag slaap, het oorerflike simptome van depressie. Daarteenoor het 49% van dié wat nege uur of meer slaap, oorerflike simptome van depressie gehad.

Dalk moeliker om swanger te raak 

’n Koreaanse span het in 2013 die slaappatrone ontleed van 650 vroue wat in vitro-behandeling ondergaan het. Hulle het bevind dat swangerskapvlakke hoër was onder vroue wat sewe tot agt uur geslaap het en die laagste onder dié wat nege tot elf uur geslaap het.

Diabetes 

’n Klein studie in Quebec het bevind dat mense wat langer as agt uur slaap, twee keer meer geneig is om tipe 2-diabetes te ontwikkel.

Lees die volledige artikel HIER.