Die paartjie tydens die middagete by die Italiaanse villa FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Die groot Kimye-troue in foto’s

Dit was omtrent ’n goeie naweek vir trou! Nie net het Pierre van Pletzen (7de Laan se Oubaas) se musikant-seun, Peach, in die geheim getrou nie, die groot troue van Kim Kardashian en Kanye West het toe ook Saterdag in Florence plaasgevind. Boonop het nóg ’n Afrikaanse aktrise die naweek voor die kansel gestaan – hou SARIE.com vandag dop vir eksklusiewe foto’s van haar groot dag!

Of jy is mal oor hulle, of jy hou niks van hulle nie. Maar Kimye, soos Kim en Kanye bekendstaan, is ’n kulturele fenomeen. Kyk maar net na hul Vogue-voorblad. Dié modetydskrif is wyd gekritiseer toe hulle dié paartjie op die voorblad gesit het, maar dié uitgawe het van die rakke gevlieg en was een van hul suksesvolste voorblaaie nóg.

Kim Kardashian

Toe het die groot dag aangebreek. Kimye is die afgelope Saterdag in Florence in Italië getroud. Hoewel die gaste gevra is om hul fone te bêre en geen foto’s van die troue te versprei nie, het die Kardashians self ’n paar foto’s op sosiale media geplaas, berig Hello!. Daar word ook berig dat Kimye groot geld uit die troue gaan maaklees meer hier.

Hier is van die foto’s wat op sosiale media gedeel is

Kim het saam met haar vriendinne geëet voor die groot dag. "I'm so lucky! I have the best friends in the whole wide world! #ParisNights #LastSupper," het sy op Instagram geskryf FOTO: Instagram

Kim het saam met haar vriendinne geëet voor die groot dag.
“I’m so lucky! I have the best friends in the whole wide world! #ParisNights #LastSupper,” het sy op Instagram geskryf
FOTO: Instagram

Kanye, Kim en hul publisiteitsagent, Tracy  Nguyen FOTO: Instagram

Kanye, Kim en hul publisiteitsagent, Tracy Nguyen
FOTO: Instagram

Middagete  by die Italiaanse ontwerper Valentino se villa. Die redakteur van Italiaanse Vogue was ook daar FOTO: Instagram

Middagete by die Italiaanse ontwerper Valentino se villa. Die redakteur van Italiaanse Vogue was ook daar
FOTO: Instagram

Die paartjie tydens die middagete by die Italiaanse villa FOTO: Instagram

Die paartjie tydens die middagete by die Italiaanse villa
FOTO: Instagram

Viering voor die troue by Versailles in Parys. Die sangeres Lana del Rey het vir hulle gesing FOTO: Instagram

Viering voor die troue by Versailles in Parys. Die sangeres Lana del Rey het vir hulle gesing
FOTO: Instagram

Die oggend ná die troue het Kim se ma, Kris, dié foto saam met Riccardo Tisci van Givenchy wat die trourok ontwerp het, gedeel FOTO: Instagram

Die oggend ná die troue het Kim se ma, Kris, dié foto saam met Riccardo Tisci van Givenchy wat die trourok ontwerp het, gedeel
FOTO: Instagram

Sus Khloe het "E vissero felici e contenti..." by dié foto geskryf. Dit is Italiaans vir 'en hulle het gelukkig saam geleef'.

Sus Khloe het “E vissero felici e contenti…” by dié foto geskryf. Dit is Italiaans vir ‘en hulle het gelukkig saam geleef’.

Die rok

Die 33-jarige Kim het ’n unieke rok van Givenchy gekies vir haar groot dag. Kanye en hul dogter, North, het ook dié luukse handelsnaam gedra, berig Huffington Post. Die gesogte trourokontwerper Vera Wang wat Kim se trourok vir haar eerste troue met Kris Humphries ontwerp het, het gesê dat Kim se trourok dié keer ’n groot stelling gaan maak. Haar rok gaan ook heel moontlik ’n impak op troumodes hê.

Daar is nog nie mooi foto’s van haar trourok beskikbaar nie, behalwe dié een. Klik HIER om dit te sien.

Bronne: Hello!en Huffington Post