Die GROOT Ontbyt-span: Hendri Myburgh, Rouchelle Liedemann, Johrné van Huyssteen, Nadia Beukes en Elsa Esterhuizen.

Die GROOT Ontbyt-span: Hendri Myburgh, Rouchelle Liedemann, Johrné van Huyssteen, Nadia Beukes en Elsa Esterhuizen.

Het jy gehoor?

Die GROOT Ontbyt eersdaags op kykNET

Die GROOT Ontbyt-span het definitief nie gesigte vir radio nie! Want dié klomp se ontbytprogram op GROOTfm 90.5 gaan vanaf 10 Augustus elke weeksoggend tussen 06:00 en 08:00 regstreeks op kykNET uitgesaai word.

Wat kan jy verwag wanneer TV en radio se paaie kruis? Beslis baie meer as net tradisionele beeldradio! Daar is ietsie vir almal: aktualiteit, nuus, verkeer, weer én natuurlik goeie Afrikaanse musiek.

groot

Die gewilde radio- en TV-persoonlikheid Johrné van Huyssteen gaan as ankeraanbieder by Die GROOT Ontbyt aansluit, met TV-persoonlikheid Nadia Beukes as sy regterhand. Hendri Myburgh (verkeersake en sosiale media), Elsa Esterhuizen (nuusleser) en Rouchelle Liedemann (korrespondent in Kaapstad) is ook deel van die span.

Johrné noem twee redes waarom jy dié program nie durf misloop nie: “Jy gaan minder weet, daagliks dom voorkom, en dít is soos om elke dag met die verkeerde voet (oog en oor) uit die bed op te staan.”

Hy was ook baie positief ná sy mede-aanbieder se eerste radioprogram: “Ek het lanklaas iemand ontmoet wat die ritme van radio so vinnig snap. Nadia is professioneel en het ’n lekker energie.”

Nadia het op haar beurt gesê: “Die span is ’n wonderlike ondersteuningsnetwerk en almal weet wat hulle doen, ek kan net myself wees.

“Die program is op-en-wakker, inspirerend en positief. Daar is iets vir die hele gesin en elke dag sal bietjie anders wees,” het sy bygevoeg.

Nadia pronk tans op die Julie-uitgawe van SARIE: “Dit is ’n groot voorreg en wonderlike ervaring. Ek het soos ’n absolute ster gevoel: stylvol en elegant. Alles was perfek: hare, grimering en die stilering. Dit was ook ’n ervaring om met die Suid-Afrikaanse balletgroep te skiet. Ek is dankbaar om met SARIE geassosieer te word.”

Indien jy nie in die Pretoria-metropool woon nie, kan jy na GROOTfm 90.5 luister deur die gratis app af te laai, of deur hul webblad te besoek.

nadia beukes

Lees die volledige onderhoud met Nadia in die Julie-uitgawe van SARIE wat nóú op die rakke is of laai dit hier af.

Lees