194586_134452683289474_134452556622820_213051_4614254_o
Het jy gehoor?

Pretville: Die grootste musiekfliek in Afrikaans nóg

Paul Kruger en almal by Hartiwood Studio’s, die brein agter die gewilde Liefling, is besig met iets GROOT!

“Daar is nog nooit in Afrikaans so iets gedoen nie,” vertel Paul met hoorbare opwinding in sy stem. Hy en Machiel Roets werk al van September verlede jaar aan die teks en liedjies vir Pretville, ‘n musical wat selfs Steve Hofmeyr se voete laat kriewel.

Pretville is ’n geïsoleerde klein dorpie in Suid-Afrika waar al die inwoners mekaar ken en almal baie pret het.

Die prent speel af in die 1950’s, maar nie die 50’s wat enigiemand sal onthou nie. Dit is in daardie tydperk, maar onder unieke omstandighede sonder enige verband met die Suid-Afrika van daardie tyd. Met retro modes, musiek en selfs ’n diner!

“Machiel was vir 12 jaar in Londen, waar hy ondervinding van onskatbare waarde in onder meer die West End opgedoen het,” gaan Paul voort. “Ons het 20 splinternuwe liedjies spesiaal vir Pretville geskryf.” Dit is lekker 50’s-styl liedjies, wat sal herinner aan Amerikaanse rock en jive uit daardie tyd, maar met Afrikaanse lirieke. “Dit wérk net,” sê Paul.

Steve het Woensdag ’n rol in Pretville aanvaar en die volgende op sy Facebook-blad geskryf: “Ingestem vir ’n fliek volgende jaar met die wonderlike LIEFLING mense: Pretville, die 50’s Afrikaanse Musiek-rolprent (ai, as my pa kon gelewe het om dit sien het).”

“Dit is die feelgood-fliek waarvoor mense al jare wag. Oud en jonk sal daarmee kan identifiseer. Jy sal jouself én jou mense daarin herken, en dit sal jou laat wens jy was een van die inwoners van dié klein dorpie, Pretville,” gesels Paul.

Pretville is nou in pre-produksie en sal in 2012 geskiet word. Volgens beplanning sal dit einde 2012 in teaters begin wys. Maar jy kan maar baie uitsien daarna, want van ons voorste kunstenaars sal daarin te sien wees, en dit gaan die gesig van Afrikaanse musiekrolprente vir ewig verander.

Steve het dié foto op sy Twitterblad geplaas na hy in die ateljee was, en geskryf: “Ek sing Pretville klankbaan. Dink Grease/Shanana/Elvis. Ons maak die fliek in Maart en premierre is  6 November 2012!”

Steve in Pretville

Willm Botha het na sy dag in die ateljee die volgende op sy Twitterblad geskryf: “Baie opgewonde oor die dag wat voorlê! Doen vandag die vocal recordings vir Pretville. Nuwe journey waarvoor ek so dankbaar is.”

Bly ophoogte duer Pretville se facebook blad te like of besoek www.hartiwood.com

Marlee van der Merwe speel die hoofrol in Pretville, kyk hier vir meer

Hier is die eerste kykie na wat jy kan verwag in Pretville

  • antoinette

    klink super!! kan nie wag nie!!

  • Hannes

    Jammer om te se, maar ek dink ek gaan hierdie een skiep. Liefling was nie baie goed nie, jammer, dis my opinie. Met musicals het Afrikaanse filmmakers nog baie om te leer. Kyk na Moulin Rouge, Phantom of the Opera, Evita, selfs Mamma Mia – elke liedjie pas in die storie. Elke liedjie was deel van die storie. Dit was nie net ‘n liedjie om ‘n liedjie in te sit nie.

    Susanna van Biljon was 20 keer beter as Liefling

  • Andries

    Ek kan net vertrou dat hierdie poging nie ook ‘n verleentheid is soos wat Liefling was nie.

  • Jana

    Dit klink amazing! Ek is mal oor jive en kan net indink dat dit ons taal so bietjie sal op spice!

  • Dewald

    Die lekker om te lees en te hoor dat daar deesdae so ‘n groot verskeidenheid van Afrikaanse en Suid-Afrikaanse flieks gemaak word. Hoop hierdie blom tydperk duur vir baie dekades!

  • Essie Oosthuysen

    Kan nie wag nie!! Dis nou iets om na uit te sien. Sal definitief ‘n kaartjie daarvoor koop!

  • anna

    kani wag nie ek is mal oor afrikaanse prente en veral musiek dit klink na iets om na uit te sien

  • elizabeth

    niks kan erger as liefling wees nie….

  • odette

    Sien sommer baaaiiiieeee uit daarna! Is so trots daarop dat ons Suid-Afrikaners ook oulike flieks kan maak!
    Ek dink nie mense besef altyd hoeveel ure se harde werk in so’n projek ingaan nie! Dus gee ek’n DUBBELE applous!!! Probeer self bietjie’n movie maak as jy negatiewe kritiek wil gee!!!

  • Afrikanerbul

    Liefling moet seker die enigste hedendaagse MUSIEK rolprent wees wat nie "dts surround sound" het nie. Soveel vir hierdie ouens se professionaliteit

  • Louwrens

    lyk my afrikaners kan darem wel plesierig wees…

  • Plesierige Posman

    JY HET SEKER NIE "dts surround sound" NIE!!!!! Want die dvd het!! Lyk My Pretville gaan DIE een WEES!!!!!

  • Robin en Marianna Jensen

    Dit gaan’n great fliek wees. Met oorspronklike musiek en goeie choreografie kan dit net WOW wees! Ons sien sommer baie uit om die vars talent op die grootskerm te sien! Die vyftigerjare se musiek bly maar die beste!

  • Suzette

    Dit klink soos ‘n ‘ eerste en beste" te wees vir SA – kan nie wag nie – awesome!

  • Nelia

    Yeah!! Kan nie wag om dit te sien nie!! Liefling is een van my gunsteling flieks!

  • Karin Smit

    Laat my dink aan ‘n Grease :) Kannie wag nie