coronation
Het jy gehoor?

Dié hertogin is beslis die stylkoningin

Die 31-jarige hertogin van Cambridge het in ‘n perskekleurige rok van Jenny Packham met ‘n bypassende jas aan die sy van haar man, prins William, by die Westminster-abdy opgedaag. Hulle het saam met haar skoonpa, prins Charles, en sy vrou Camilla dié Britse monarg gevier. Koningin Elizabeth is die langste regerende Britse monarg nóg. (Lees nog interessante feite oor dié 87-jarige koningin.) Ander gaste het prins Harry, prinsesse Beatrice en Eugenie, en Zara Phillips en Mike Tindall ingesluit.

Die swanger hertogin het onder haar fascinator (wat sy by ‘n vorige geleentheid ook gedra het) gestraal. Haar bababoepie was duidelik sigbaar in die empire-styl rok. Alhoewel Kate verder nie veel gewig opgetel het nie (haar bene is steeds benydingswaardig!), kan mens net-net sien haar gesig is effense ronder.

Soos gewoonlik kon sy deur ‘n ring getrek word en haar grimering en lang bruin hare was foutloos! Dit is die eerste keer dat sy en William by die abdy is sedert hul troudag in 2011. Volgens die Britse koerant Mirror is dit Kate se voorlaaste publieke verskyning voordat sy volgende maand geboorte skenk.