FOTO Getty Images / Gailo Images

Het jy gehoor?

Dié Hollywood-manne vat ‘gewone’ vroue

Matt Damon (41) en Luciana Barroso (35) – foto bo
Damon het die oomblik toe hy Barroso die eerste keer in ‘n kroeg in Miami raaksien, geweet hy gaan met haar trou. Hulle is in 2005 getroud en Damon het Luciana se 7-jarige dogtertjie as sy eie aangeneem. Hulle het saam nog 3 dogters.

Denzel Washington (57) en Pauletta Pearson (61)
Hulle het op die stel van ‘n fliek waaraan albei gewerk het, ontmoet. En 34 jaar later is hulle steeds saam. Hulle is in 1984 getroud en het 4 kinders grootgemaak.

Paul McCartney (69) en Nancy Shevell (51)
Blykbaar was bekende Amerikaanse TV-aanbieder, Barbara Walters, die een wat Kupido gespeel het. Nancy Shevell is haar niggie. Barbara het albei vier jaar gelede vir ete by haar huis in die Hamptons oorgenooi.

Vince Vaughn (41) en Kyla Weber (32)
Hy’t eers met Jennifer Aniston uitgegaan, maar dit was ‘n vrou van buite die Hollywood-glans wat hom getem het. Hy en Kyla, ‘n eiendomsagent, is in Januarie 2010 getroud en hul babadogtertjie, Locklyn Kyla, is daardie Desember gebore.

Patrick Dempsey (46) en Jillian Fink (45)
Min het Dempsey geweet sy lewe sou verander toe hy by ‘n salon instap vir haarsny. Hy’t toe vir Jillian Fink, een van die stiliste, vir die eerste keer gesien. Hulle het eers 3 jaar later begin uitgaan en is in 1999 getroud. Hulle het 3 kinders.

Adam Sandler (45) en Jackie Sandler (37)
Die komediant Adam Sandler het sy vrou, Jackie, op die stel van Big Daddy ontmoet. Sy’t ‘n klein rolletjie as ‘n kelnerin gehad. Hulle is in 2008 getroud en hy het intussen al twee keer pa geword.

Chris O’Donnell (41) en Caroline Fentress (38)
Hy was al op 21 ‘n Hollywood-hartebreker, maar O’Donnell het net oë gehad vir Caroline, ‘n universiteitsvriend se suster. Hulle is in 1997 getroud en het 5 kinders.

Nicolas Cage (48) en Alice Kim (27)
Ná twee Hollywood-huwelike het Cage met ‘n veel jonger Kim getrou. Hy’t haar ontmoet toe sy as kelnerin by ‘n restaurant in Los Angeles gewerk het. Hul seun Kal-El in 2005 gebore.

Tobey Maguire (36) en Jennifer Meyer (34)
Spiderman-akteur Tobey Maguire het sy vrou op die stel van Seabiscuit ontmoet. Hul dogtertjie, Ruby, is in 2006 gebore en hulle is ‘n jaar later getroud. Hul seuntjie, Otis, het hom in 2009 by die gesin aangesluit. 

En natuurlik, Julia Roberts (44) en Danny Moder (43)
Sy is amper as Hollywood se ‘Runaway Bride’ ‘gekroon’ totdat sy haar hart op kameraman Danny tydens die verfilming van The Mexican in 2000 verloor het. Saam het hulle drie kinders – die 7-jarige tweeling Hazel en Phinnaeus, en die 4-jarige Henry.