Derick en 'n hoogswanger Karlien by die première van As jy sing in 2013. FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Die Hougaard-tweeling is op pad!!!

Bobby van Jaarsveld het sopas op sy Facebook-blad gesê dat hy inderhaas van sy vakansie moes terugry om by sy suster te wees. Hy skryf: “Nog nooit so vinnig van vakansie af gejaag nie. Karlien is opgeneem in die hospitaal! En die 2-ling is op pad!!”

Hulle ma, Ronel Brink, is langs haar dogter se sy. Sy het op Twitter gesê: “Ek sit hier by Karlien, my opgewondenheid ken geen perke. Vandag ontmoet ek vir Daniël en Eliah.”

Sy het ook die volgende twiets gedeel:

 

 

Kyk HIER na foto’s van Karlien se ooievaarstee.