FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Die Hougaard-tweeling slaap tuis PLUS dít is SARIE-lesers se raad

Dit lyk of Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard se tweeling, Daniël en Eliah, gisteraand vir die eerste keer in hul ouerhuis geslaap het! SARIE-lesers gee die nuwe ouers ook raad.

Karlien het effens angstig geklink oor die groot aand, maar kon ook nie haar opgewondenheid inhou oor die tweeling wat darem nou by die huis is nie. Daniël en Eliah is al byna ’n maand oud.

 

Derick was net so opgewonde om uiteindelik sy hele gesin by die huis te hê.

Daniël en Eliah se ouma, Ronel, het ook op Twitter haar blydskap oor hul tuiskoms gedeel. Sy het vertel dat sy gister ’n mooi band met die twee opgebou het en beplan om vandag vroeg weer te gaan hallo sê.

Karlien het so paar dae gelede getwiet dat, hoewel die kleingoed haar besig hou, hulle die beste ding is wat al met haar gebeur het.

Jo-Ann Strauss verwag ook ’n baba

Die tweeling is op 19 Desember gebore, ’n dag voor hul nefie Leben se eerste verjaardag. Daniël en Eliah het vroeër spesiale geskenke by Francois Jewellers gekry – ’n silwer plaatjie vir elkeen met hul name daarop gegraveer.

SARIE-lesers het dié raad op Facebook gedeel

  • Harriet Oosthuizen “Vertrou jou instink, vertrou jou ma en skoonma se raad. Onthou hulle was daar waar jy nou is. Moenie jou kind volgens die boek probeer grootmaak nie. Baie liefde en ’n aanwesige ouerpaar.”
  • Annalien Coetzer “Ek is ook ’n tweeling-mamma, lekker tye wat ek nooit sal vergeet nie. Al wat ek kan sê, is: slaap wanneer hulle slaap. Maak nie saak dag of nag, want glo my dis hard, lekker en aanhoudend.”
  • Elma van Rooyen “Net een raad vir jou – record elke liewe ervaring en gevoel en milestone, ALLES! Hulle raak sooo flippen gou groot!!!! Moederinstink, daai onbeskryflike liefde, sal jou die regte pad wys!! Moenie worry daaroor nie!!!!”
  • Amoré Henning “Gee baie liefde en luister na hul. En vat nou en dan ’n breuk op ’n heerlike aandjie uit saam jou man alleen. Kry dan ’n baba-oppasser.”
  • Carin Scholtz “Ek het ook ’n tweeling. Die eerste jaar is rof, maar byt vas. Tyd vlieg vinniger as wat jy dink. ’n Tweeling is soooo spesiaal!”
  • Lettie Pretorius “Liefde, dissipline, geduld en beskermd en rus terwyl hulle slapies hulle word so gou groot geniet hulle tweetjies”
  • Stefanie Luus “Luister na almal se raad, maar besluit self wat vir jou die beste gaan wees!”
  • Hettie Mills “As ek nie iets weet nie, “google” ek dit. Moederlike (of liewers daai 6de) sintuig skiet soos ’n torpedo in. Luister daarna en ja bid bid bid oor alles! Leer jou kinders vroeg waterveiligheid (dis nie eens onderhandelbaar nie).”
  • Nicqui du Plessis “’n Tweeling is iets heeltemal anders! Kry ’n nag-nanny! Aanvaar alle hulp en slaap wanneer jy kan! Sterkte! Van ’n 2ling mamma!”
  • Mossie De Beer “Maak hulle groot met liefde, geduld en respek. En ja, met die woord van Jesus.”