carike
Het jy gehoor?

Dié bekendes se huwelike hóú

Getroud vir 40+ jare

Kirk Douglas en Anne Buydens 59 jaar     
Martin Sheen en Janet Templeton 51 jaar
Bill en Camille Cosby
 49 jaar
Olaus van Zyl en Carike Keuzenkamp (hooffoto)
45 jaar
Billy en Janice Crystal  43 jaar
Riaan en Riana Cruywagen (regs) 42 jaar
Blake Edwards en Julie Andrews 41 jaar getroud tot Blake se dood

Getroud vir 30+ jare

Marius en Evette Weyers, 38 jaar getroud 

“In 1974 was ek en Evette op ‘n oorsese reis van drie maande. Ons was baie gelukkig, maar ons het nie beplan om te trou nie. Ná ‘n motorongeluk in Spanje het ek besluit ek kan nie sonder haar wees nie. Ek het haar die volgende dag gevra om te trou en in ‘n oomblik van skok het sy ‘si!’ geantwoord. Ons het toe in Spanje en in Parys probeer trou, maar die burokrasie het ons gesink. Op 18 Februarie 1975 het ons in die ‘Registrar’s Office’ in Londen getrou.

“Ons enigste vriend daar, Barney Simon, sou ook ons enigste gas wees. (Hy is intussen oorlede en was ‘n regisseur en stigterslid van die Markteater in Johannesburg.) Maar daar was ‘n misverstand en hy het op Euston-stasie pleks van Earl’s Court rondgedwaal. Ons het getrou, uitgestap en wonder bo wonder was daar ‘n ‘fotograaf’, waaroor ons in die wolke was. Ek het hom 20 pond betaal en ‘n paar dae later gebel vir die foto, maar geen antwoord gekry nie. Hy het seker nie eens film in die kamera gehad nie. Maar selfs dít het ons nie sinies gemaak nie. Ons is reeds 34 jaar saam, sonder troufoto. (Maar darem met ‘n mooi foto van ons reis in Londen!)”

Jeff Bridges en Susan Geston

36 jaar
Don Gummer en Meryl Streep
35 jaar  
Clive en Denise Newman
(Daleen Meintjies in 7de Laan) (links)
33 jaar
Johan en Colleen Stemmet 33 jaar
Samuel L. Jackson en LaTanya Richardson 33 jaar

Dustin Hoffman en Lisa Gottsege, 32 jaar getroud

Die Oscar-bekroonde Dustin (73) het in 1980 met die prokureur Lisa Gottsegen getrou. Hulle het vier kinders saam. Dié paartjie was familievriende en het die eerste keer by haar ouers se huis ontmoet toe sy maar net 10 jaar oud was en hy reeds 27.

 
 

Ozzy en Sharon Osbourne, 31 jaar getroud

Sharon se pa, eienaar van Jet Records, het haar as 18-jarige gestuur om Ozzy “op te pas” toe hy net by Jet Records geteken het. Sy het later ook sy bestuurder geword.

Danny DeVito en Rhea Perlman 31 jaar                
Denzel Washington en Pauletta Washington (regs) 30 jaar       

Getroud vir 20+ jare

Christopher Guest en Jamie Lee Curtis, 29 jaar getroud

Jamie het toe sy jonger was deur ‘n tydskrif geblaai, ‘n foto van Christopher gesien en dadelik gedink sy wil met hom trou. Jamie het in ‘n essay vir O Magazine geskryf: “Ons het ‘n wonderlike, gekompliseerde, onvolmaakte lewe. Dit is ‘n werklike huwelik. Ek weet nie waarom ek gedink het ons sal mekaar verstaan toe ek sy foto gesien het nie. Iewers in sy glimlag was daar ‘n geheim wat net ek geken het.”

 
 

Tom Hanks en Rita Wilson, 25 jaar getroud

Rita het aan Parade gesê dat Tom baie moeite doen. “Hy los vir my briefies by die telefoon of by die koffiemasjien. Ek hou dit alles. Hy stuur ook heeldag vir my foto’s op my foon – waar hy is, wat hy doen.”

Tom oor Rita: “Elke dag is pret saam met Rita. Dit is hoe dit moet wees as jy getroud is met iemand – sorgeloos en maklik!”

Michael J. Fox en Tracy Pollan 25 jaar
Kurt Russell en Goldie Hawn In ‘n eksklusiewe verhouding vir 25 jaar
Doepie en Juanita du Plessis (regs) 22 jaar

Kevin Bacon en Kyra Sedgwick, 24 jaar getroud

“Wanneer ek nie vir Kyra sien nie, sien ek daarna uit om haar weer te sien. Ons praat baie én ons lag baie. Mense wil weet, ‘Hoe doen julle dit in Hollywood?’ Ek het nie die antwoord nie. Ons hou net daarvan om by mekaar te wees,” het Kevin aan Parade gesê.

Warren Beatty en Annette Benning, 21 jaar getroud

Sy is 54 en hy is 76, maar die ouderdomsverskil speel nie ‘n groot rol in hul verhouding nie. Annette het aan Parade gesê dat kommunikasie ‘n groot rol speel omdat hulle soms op verskillende stadiums van hul lewe is. “Jy kort net ‘n goeie basis van liefde, respek en ‘n wedersydse verstandhouding.”

John Travolta en Kelly Preston 21 jaar
Leighton Curd en Amy Kleinhans-Curd (links)
21 jaar
David Bowie en Iman 21 jaar  
Sting en Trudie Styler 21 jaar
Bono en Ali Hewson 20 jaar       

Getroud vir 10+ jare

David E. Kelly en Michelle Pfeiffer 19 jaar          
Robert Plattner en Henriëtta Gryffenberg (regs)
18 jaar
Antonio Banderas en Melanie Griffith 17 jaar
Hugh Jackman en Deborra-Lee Furness 17 jaar
Alain Claisse en Marita van der Vyver 17 jaar
Tim McGraw en Faith Hill 16 jaar
Matthew Broderick en Sarah Jessica Parker 16 jaar
Andrew Upton en Cate Blanchett 16 jaar
Colin Firth en die Italiaanse filmmaker Livia Giuggioli 16 jaar
William H. Macy en Felicity Huffman 16 jaar
Koos Kombuis en Esne Verster (Kannetjie) 15 jaar
Will Smith en Jada Pinkett-Smith 15 jaar
David en Victoria Beckham 14 jaar
Michael Douglas en Catherine Zeta-Jones 13 jaar
Gavin Rossdale en Gwen Stefani 11 jaar
Freddie Prinze Jr. en Sarah Michelle Prinze (Gellar) 11 jaar
Bart Freundlich en Julianne Moore 11 jaar
Jeremy Mansfield en Jacqui Thompson 10 jaar            

  Bronne: Parade, SheKnows, Wikipedia