Richard Gere Julia Roberts Pretty Woman
Het jy gehoor?

Ikoniese rolprent-oomblikke was toe nié beplan!

Party rolprente het net daardie dialoog wat so lekker oor jou tong kan rol. Dink aan Clint Eastwood se Dirty Harry: “Do you feel lucky, punk?” Maar sommige ikoniese oomblikke is nie eens beplan nie!

Die skrywer en hoofspeler van Sy Klink Soos Lente, Stiaan Smith, vertel dat van die dialoog tussen hom en die akteur Bennie Fourie op die oomblik uitgedink is, oftewel ad lib was!

Hier is ander ikoniese ad lib-oomblikke:

1. Richard Gere en Julia Roberts se juweelboksie-toneel in Pretty Woman.

Wie kan die toneel vergeet? Richard wat die boksie skielik toemaak soos Julia haar hand uitsteek en sy wat uit haar maag uit lag. Maar daardie lag was natuurlik! Julia het nie geweet Richard gaan dit doen nie en het regtig geskrik.

2.”You’re gonna need another boat”- Roy Scheider in Jaws.

Die rolprent is een van die gewildste rillers van alle tye. En almal wat al die rolprent gesien het, kan hierdie einste toneel onthou. Die akteur Roy Scheider se karakter het tóé eers besef hoe groot die haai regtig was en sê vir die kaptein hy het ’n groter boot nodig. Die ikoniese roprent-oomblik was onbeplan!

3. “You talking to me?”- Robert de Niro in Taxi Driver.

Selfs al het jy nie die rolprent gekyk nie, sal jy die frase herken! In die toneel het Robert se karakter ’n klein ineenstorting gehad toe hy met homself in die spieël praat. Robert se opdrag was dat hy net met homself moet praat. En toe glip hierdie juweel uit sy mond.

4. Heath Leadger as “The Joker” se handeklap-toneel in The Dark Knight.

Een van die angswekkendste tonele in dié Batman-rolprent. Soos die polisiemanne hande klap, het Heath ook op ’n tergende manier begin klap – dit was ’n groot oomblik in die rolprent.

5. “I’m walking here! I’m walking here!” – Dustin Hoffman, Midnight Cowboy (1969)

Dit was ’n eenvoudige toneel waar Dustin Hoffman en Jon Voight se karakters oor die pad moet loop. Die pad was gesluit vir voertuie, maar ’n taxi-bestuurder het homself min hieraan gesteur en deur die rolprentstel gery. Hy het byna vir Dustin getref. En Dustin se reaksie? Om hom in karakter uit te skel! Dit bly tot vandag toe ’n ikoniese toneel.

Bron: News.com.au

Lees nou:

Dís glo die liedjie vir somer 2016

Bekende sanger enkellopend – al weer!

Kylie Jenner nou ’n blondine