FOTO Elizabeth Arden

FOTO Elizabeth Arden

Het jy gehoor?

Die val en opstaan van Britney Spears

Daar’s ’n mantra op die internet: “As Britney Spears 2007 kon oorleef het, kan jy vandag oorleef.” En dit lyk of Britney terug is, en sy is hier om te bly!

Sy was die popprinses van die 90’s met treffers soos “… Baby One More Time”, “Oops! … I Did It Again” en “(You Drive Me) Crazy”. 

Haar eerste album, … Baby One More Time, het meer as 30 miljoen albums verkoop. En haar tweede album, Oops! … I did it again, was ʼn reusesukses en het ook rekordverkope behaal.

En nóú het sy met haar nuwe enkelsnit saam met Ge-Eazy, “Make me …”, 17de ingekom op die Billboard Hot 100. En met haar negende album, Glory, wat later vanjaar uitgereik word, wys Britney dat sy sommer nog baie sterstatus het.

Maar as jy hoop om weer ’n pop-album soos van ouds uit Britney te kry, moet jy weer dink. Sy het aan E! Online vertel dat Glory baie rustiger is.

Dink jy aan Britney, kan jy nie help om aan 2007 te dink nie. Dit was die jaar toe haar persoonlike lewe verkrummel het.

dAILY nEWS bRITNEY sPEARS

1416781191_u675-zoom

Dit het als in 2004 begin. Britney het met ʼn vriend uit haar kinderdae, Jason Alexander, in Las Vegas getrou. Skaars drie dae later is die paartjie geskei.

Net drie maande later, en toe met ʼn gebreekte been weens ʼn ongeluk tydens die skiet van ʼn musiekvideo, is Britney weer getroud. En dié keer met Kevin Federline. Die paartjie het twee kinders Sean Federline (2005) en Jayden Federline (2006).

In 2006 sien ons foto’s van Britney wat met haar oudste kind op haar skoot bestuur – sonder ’n veiligheidsgordel. En teen November 2006 dagvaar sy Federline vir ʼn egskeiding ná ’n huwelik van ongeveer twee jaar.

Die jaar 2007 het nie vir haar goed begin nie.

Britney word in Februarie vir ’n aand opgeneem in ’n dwelmrehabilitasiesentrum. En die volgende aand het sy haar kop kaalgeskeer.

Hierna het sy  ʼn verhouding met die paparazzi-fotograaf Adnan Ghalib aangeknoop. Kort daarna het die polisie tydens ʼn klopjag in haar huis vir Britney dronk en bedwelmd gekry. Haar kinders was in haar toesig.

Teen 2008 het sy toesig oor haar seuns verloor en hulle is in die sorg van haar eksman geplaas. Terwyl Britney in psigiatriese sorg geplaas is, het haar pa, James Parnell Spears, ná ’n hofbevel haar geldsake oorgeneem en tekenregte gekry.

Maar Britney is terug.

cover-600x800

Glory sal 26 Augustus op Apple Music beskikbaar wees. En haar nuwe parfuum sal teen 29 Augustus by Elizabeth Arden-toonbanke en sommige apteke beskikbaar wees. Private show (R565 vir 50 ml EDP) het note van koffie, nartjie, jasmyn en muskus.

It’s Britney in her element…Private Show Britney Spears #TakeABow #PrivateShow

A photo posted by Britney Spears Fragrances (@britneyspearsfragrances) on