FOTO Instagram / @louisedelage

FOTO Instagram / @louisedelage

Het jy gehoor?

Dié Instagram-profiel toe soveel meer!

Vir die gewone Instagram-gebruiker, en kom ons erken dit maar, vir die meeste van ons, lyk Louise Delage se profiel soos enige ander 25-jarige s’n. Maar haar profiel het al die tyd die wêreld geflous en ’n dieper, ernstige boodskap uitgestraal.

A photo posted by Louise Delage (@louise.delage) on

 

Louise, ’n model van Parys, het vanjaar op 1 Augustus by Instagram aangesluit. Binne ’n maand het sy meer as 65 000 volgelinge gehad en en hulle kon haar sosiale lewe in aksie sien. Maar min het hulle geweet dat haar profiel al die tyd ’n bemarkingsveldtog was.

In elke foto lyk dit asof Louise lekker met vriende kuier en haarself geniet. Maar as jy haar foto’s deurkyk, sal jy oplet dat daar altyd ’n glas wyn of vonkelwyn (soms versteek) in elke foto teenwoordig is.

A photo posted by Louise Delage (@louise.delage) on

A video posted by Louise Delage (@louise.delage) on

A photo posted by Louise Delage (@louise.delage) on

Op 22 September het Louise ’n video gedeel wat onthul dat al die foto’s in werklikheid deel was van ’n bemarkingsvoldtog vir Addict Aide, ’n organisasie wat bewusmaking oor alkoholisme by jong mense wil skep. Hulle wou deur dié profiel wys hoe moeilik dit deesdae is om iemand na aan jou met ’n drankprobleem te identifiseer. En hoe sosiale media ’n filter daarop plaas.

Kyk die video hier:

 

A video posted by Louise Delage (@louise.delage) on

Hoewel die veldtog die sosiale media laat gons het, het Stéphane Xiberras, kreatiwe direkteur van die agentskap wat dit geskep het, gesê Addict Aide was teleurgesteld dat nie meer mense Louise se ernsige drankprobleem gemerk het nie.

Bron: The Guardian

Lees nou

Armand Aucamp sê Hollywood roep!

Kristen Stewart laat die koppe draai – à la Hillary Clinton

Tori Spelling óók swanger met nommer vyf