VBG-Wenners_Social_w
Het jy gehoor?

Die jaar van verrassings …

Ons sesde Voorbladgesig van die Jaar-wedstryd kan in een woord opgesom word: verrassings.

Toe die 10 finaliste Vrydagaand by die Manhattan Suites and Conferencing naby Kaapstad aankom, waar hulle die naweek danksy LekkeSlaap tuisgegaan het, het hulle nooit kon raai wat ons Saterdag met hulle sou aanvang nie. Net ’n vae boodskap met ’n geskenk, hul HTC 1 M9-selfoon, is as leidraad gegee.

Min wetend stap hulle by die Media 24-sentrum in die hartjie van Kaapstad in en word gelei na Nasdak, die venue met die mooiste uitsig oor Tafelberg.

Hier laat redakteur Michélle van Breda die aap uit die mou: húlle is ons modelle vir 2016 se  #SARIEkrismis-fotosessie, ’n hele 30 bladsye van kos, dekor, skoonheid en mode in ons Desember-uitgawe! Scape Events help ons hier om die venue te omtower in ’n feestelike atmosfeer vir die fotosessie wat meer as 13 uur geduur het.

Kyk net die video onderaan die artikel vir ’n voorsmakie.

En toe kom Sondagaand. Die aankondiging van die wenner en wie op die Oktober-voorblad gaan verskyn.

In die verlede het ons twee wenners gehad – een elk in die ouderdomskategorieë 18 – 30 en 31+. En net één het weggestap met die gróót prys, die voorblad. Albei wenners ontvang R50 000 én ’n rok van Spree. Spree het ook van die uitrustings op die aand voorsien.

Al 10 finaliste word bederf met ’n geskenkpak ter waarde van byna R15 000 – Max Factor & Clicks-geskenkpak ter waarde van R1 500, ’n HTC 1 M9-selfoon ter waarde van R7 500, een paar glansryke Spitz-skoene van R2 500, Azzaro Pour Elle Extrême Eau de Parfum van R820, Placecol-salonbehandeling – geskenkbewys van R500, Poetry-geskenkbewys van R1 500, en Vogue Eyewear-sonbril van R1 200.

En toe die groot aankondiging …

Nicola Smit van Kraaifontein is die wenner in die kategorie 18- 30 en Elmaré Schutte van Pretoria in 31+-kategorie.

Michélle van Breda, Nicola Smit en Elmaré Schutte FOTO Nina Kirsten

Michélle van Breda, Nicola Smit en Elmaré Schutte
FOTO Nina Kirsten

… maar ook die verrassing!

Vir die eerste keer kry albei die voorblad! Vanaf 12 September kan jy twéé SARIE’s koop – een met Nicola as Voorbladgesig en een met Elmaré.

Michélle van Breda sê oor dié twee:

“Hulle is so anders, maar só SARIE-perfek.”

Elmaré en Nicola met hul voorblaaie FOTO Nina Kirsten

Elmaré en Nicola met hul voorblaaie
FOTO Nina Kirsten

Die aand is deur 150 gaste bygewoon, onder andere bekendes soos Diaan Lawrenson, Jana Strydom, die sewesspeler Werner Kok.

Elmaré, Diaan Lawrenson en Nicola FOTO Nina Kirsten

Elmaré, Diaan Lawrenson en Nicola
FOTO Nina Kirsten

Aktrise Amalia Uys, wat op ons September-uitgawe is, was die gasvrou van die aand en Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert het gesorg vir die musiek wat die intieme atmosfeer op Nasdak gewaarborg het. Scape Events het Sondag ook gehelp om die venue met hul meubels te omtower en Du Toitskloof-wyne het gesorg dat almal iets te drinke het.

FOTO Nina Kirstenb

FOTO Nina Kirsten

Kyk hieronder na foto’s van die geleentheid. ’n Voorbladgesig-veldtog vol verrassings! (klik op die pyltjies om die volgende foto te sien)

’n Voorsmakie van ons #SARIEkrismis-fotosessie!