FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Die Jolie-Pitt-gesin vlieg ekonomiese klas

Hollywood-egpaar Angelina Jolie en Brad Pitt en hul ses kinders het saam met ander passasiers in die ekonomiese klas gesit op ’n vlug van Parys na Nice, berig DailyMail

Dié groot familie het Saterdag van Amerika af Parys toe gevlieg, waar hulle nes die ander passasiers aangemeld het en twee uur op die Charles de Gaulle-lughawe gewag het vir hul Air France-vlug na Nice.

Om saam met ses kinders te vlieg is nie maklik nie, maar Angelina het ontspanne en stylvol gelyk. Brad het gekyk dat al die kinders se handbagasie veilig weggepak is voor hy ook gaan sit het.

Daar word vermoed dat die gesin op pad was na hul landgoed, Château Miraval in Correns, waar die paartjie verlede jaar getroud is.

Die gesin is duidelik plat op die aarde en dit het glad nie gelyk of dit die kinders pla om ekonomiese klas te vlieg nie.

Die tienjarige Zahara het haar sesjarige suster, Vivienne, se hand vasgehou ná hulle geland het.

Ons kon amper nie glo hoe groot die kinders geword het nie! Maddox is nou 13, Pax is 11, Zahara is 10, Shilo is nege en die tweeling, Knox en Vivienne, is al ses jaar oud!

Kyk hier na foto’s van die gesin op die vliegtuig en op die lughawe. 

Lees ook