Het jy gehoor?

Die Kaap is weer Hollands!

Daar’s ‘n vlaag van oranje in die Moederstad vandag (Donderdag 24 Junie). Selfs dekorwinkel, Twiice, het die voorblad van die Nederlandse koerant, Algemeen Dagblad, gehaal met hierdie prettige plakkaat van Koningin Beatrix van Nederland in die klere van onse eie Bafana. Absoluut gek! Hulle bied ook ‘n heerlike afslag van 30% op alle oranje Twiice-items.

Koningin Beatrix plakkaat

In die Paarl het 1 000 Hollandse kampeerders, die Supportersclub Oranje, so vanaf 11 uur vanoggend met dapper en stapper die pad na die Paarl-stasie begin aandurf en het rondom etenstyd in die Kaapse middestad aangekom. Die Parade is ook vandag Oranjeplein met ‘n ‘geweldige feest’ wat wag. Meer as 25 000 Hollandse burgers word by dié feesvieringe verwag en selfs ‘n Mej Oranje sal gekies word. Vanaf 6 uur vanaand sal ondersteuners die ‘fan walk’ van sowat 2 km na die stadion begin stap.

Almal weet natuurlik van die gedoente rondom die kort oranje rokkies! Die Nederlandse bierhandelsmerk, Bavaria, het ‘n spesiale Hollandse rokkie ontwerp en Sylvie Van Der Vaart, vrou van die Nederlandse sokkerspeler Rafael Van Der Vaart, speel model. Kyk bietjie:

Kry die volledige feesprogram op Oranjeplein hier.

  • deCiHp jkzcdlwuqtcu, [url=http://jcabfewecrgl.com/]jcabfewecrgl[/url], [link=http://qjejuhbnhoan.com/]qjejuhbnhoan[/link], http://psgajuqyrwuv.com/