FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Die Kaap is weer Hollywood – Homeland-akteurs skiet in die Kaap

Hulle is hier! Ná probleme met die nuwe visumregulasies, het dit gelyk of die Emmy-bekroonde reeks Homeland nie in Kaapstad geskiet kan word nie, maar dié akteurs is tog nou in Kaapstad gewaar. 

Die nuus is in April vanjaar bekend gemaak dat die nuwe seisoen van Homeland in Suid-Afrika geskiet gaan word. En nou het die sterre van dié gewilde program in die Kaap aangekom – en Suid-Afrikaners is te opgewonde om steel-foto’s van hulle te neem!

Die Homeland-sterre Claire Danes, Mandy Patinkin en Rupert Friend is van die swaargewigte wat al gekiek is.

Kry Claire Danes se voorblad-voorkoms

Claire, wat die hoofrol Carrie Mathison speel, is in ’n restaurant in Kampsbaai deur Adriaan Bester raakgesien wat dié foto getwiet het.

Dagbreek se Elma Smit was ook gelukkig genoeg om een van die sterre raak te loop. Sy het Mandy Patinkin in ’n restaurant gesien.

“Hy sê hulle is mal daaroor om in Kaapstad te skiet,” het Elma op Instagram vertel.

Intussen het die Britse koerant Daily Mail foto’s gepubliseer van die akteurs op die Kaapse stel. Claire en Rupert (hy speel die rol van Peter Quinn) skiet op die stel wat opgemaak is om soos ’n lughawe in Pakistan te lyk. Klik hier om die foto’s te sien.

Nóg oorsese sterre in SA op SARIE.com