FOTO: Instagram kimkardashian

FOTO: Instagram kimkardashian

Het jy gehoor?

Die Kardashians goed vir plastiesechirurgie-bedryf

Die Kardashians is een van die invloedrykste Amerikaanse families. Nie net het hulle suksesvolle besighede van hul eie nie, maar hulle is ook ’n aanwins vir die plastiesechirurgie-bedryf, berig Huffington Post

Al hoe meer mense gaan glo onder die mes om meer soos die Kardashians te lyk.

Can’t wait to watch Keeping Up With The Kardashians with you guys tonight! Tune into E!

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Volgens Transform, ’n Britse plastiesechirurgie-praktyk, sê 73% meer mense dié gesin is die rede waarom hulle hul voorkoms wil verander.

Toe die 18-jarige Kylie Jenner op 17 erken sy het haar lippe laat inspuit, was daar oornag ’n 700%-verhoging in aanlyn navrae vir dié prosedure. Danksy Kim en Khloé is daar glo ook ’n noemenswaardige groei in die aantal agterstewes wat vergroot word.

Hoewel dit net die bevindinge van een Britse praktyk is, is dit ook ’n tendens wat in Amerika waargeneem word, meen People

Bronne: People en Huffington Post

Lees ook

ZZZ

Lees meer hier!