Het jy gehoor?

Die Kardashians is in Suid-Afrika!

Twee van die Kardashian-susters, Kim en Khloé,het gister in Johannesburg geland vir ’n promosietoer van vier dae. Kim het ’n foto van ’n klomp aanhangers wat hulle by O.R. Tambo Internasionale Lughawe ingewag het op haar Twitterblad (http://twitpic.com/3g68of) gedeel.

Dié twee sterre van E! Entertainment se gewilde werklikheidsreeks Keeping up with the Kardashians (op DStv-kanaal 124) tweet al sedert gister oor hul toer in Suid-Afrika. Hulle moes vanoggend vroeg opstaan vir ’n radio-onderhoud met 5fm se Gareth Cliff. Dit het swaar gereën in Johannesburg en met die weerlig wat die hele tyd geslaan het, het dié twee glad gedink dis kameras wat flits, het Kim getweet. Hulle vertrek môre Kaapstad toe.

Kim, Khloé en een van hul ander susters, Kourtney, se biografie, Kardashian Konfidential, wat onlangs verskyn het, is op die New York Times se top- verkoperlys. Khloé het vanoggend getweet sy’s mal daaroor dat mense in Suid-Afrika die boek het. “Ek sal dit vir enigeen teken,” het sy belowe.

  • Erica Fourie

    My man dink ek is koekoes, ek maar ek dink (dalk) ook so! Ek doen "channel hopping" net om hulle te soek! Seker maar oor ek jaloers is dat ek so ‘n lewe begeer (nie regtig nie), maar dis so lekker om jou daarin te leef. Dis maar net ‘n droom. Love hulle!

  • hyla

    Ek mis ook nie keeping up with the kardashians nie!! Wat n ‘deurmekaar’ maar wonderlike familie is dit nie… dis heerlik om hulle doen en late te sien.