Het jy gehoor?

Die Kardashians se model-suster (17) op ‘n Vogue-voorblad

Kim Kardashian was reeds 31 toe sy op L’Uomo Vogue, die Italiaanse mansweergawe van Vogue, verskyn het. En toe kom kleinsus en doen dit op 17 toe sy gekies word vir die voorblad van die Australiese Miss Vogue.

Kim het ‘n foto van Kendall op Twitter gepos met die kommentaar: “Kendall se bene … Ek’s jaloers!”

Die werklikheidstelevisie-ster-dogter van Kris en Bruce Jenner dra ‘n kort swart broekie, ‘n leerbaadjie en ‘n fluweelhemp op die een foto, en ‘n kaalrug-rok met ‘n hoed en hoëhakke vir die ander (ook die voorbladfoto).

Ten spyte van haar “jaloesie” het Kim getwiet hoe trots sy op haar sussie is: “Die Miss Vogue-fotosessie @KendallJenner is pragtig!”

Kourtney, die ander Kardashian, was nét so trots: “Ek het ‘n obsessie met jou, Kendall. Wow! Asemrowend!”

‘n Twiet van die fotograaf Russell James, wat die foto’s vir die voorblad geneem het, het so gelees: “Geluk @KendallJenner met jou Miss Vogue-voorblad. Baie min modelle maak dit ooit op die voorblad, veral op 17!”

Dit was nogal ‘n opwindende week vir die Kardashians. Kendall het ook haar 17de verjaardag by hul Calabasas-tuiste in Los Angeles gevier. Hulle het op die gevriesde swembad ge-ysskaats, en sy’t die kerse op haar verjaardagkoek (met ‘n kleintydfoto van haar op) doodgeblaas, als in Winter Wonderland-styl.

Ons wonder wat ma Kris nou vir Kendall vir haar verjaardag gaan gee ná die Range Rover ter waarde van R800 000 wat sy vir haar 16de verjaardag gekry het …?

Die Jenner-susters, Kendall en Kylie, gaan eersdaags hulle eie klerereeks bekendstel.

  • oukz46

    [url=http://www.louboutinsaleshop.co.uk/][b]Louboutin Outlet[/b][/url] if you for to remain with the goth and caustic vibe, simply wear a leather windbreaker and a team of dark colored trousers and you’re fix. And, of course, how tin we overlook the staple of trade, the disgraceful red sole. Because a pump only wouldn’t be the alike less it.

    Welcome to