Prins George in sy dooprok. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Prins George in sy dooprok. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Koningin se unieke geskenk aan prins George

Koningin Elizabeth het prins George met ’n baie unieke geskenk bederf: ’n T-hemp met ’n portret van haar Walliese herdershonde (corgis) daarop gedruk.

Só skryf die Britse tydskrif Hello!. Cindy Lass het die oorspronklike portret, wat in die koningin se private kwartiere in Buckingham-paleis hang, in 2006 vir die monarg se 80ste verjaardag geverf. Cindy was ook dié keer verantwoordelik vir die T-hemp met die koningin se geliefde honde daarop.

Cindy moes eintlik net ’n kussing met dié prent en ’n kroon vir die koningin maak, toe besluit sy sommer om dié T-hempie (foto onder) ook saam te stuur.

Prins George se oulike t-hemp FOTO: Hello!

Prins George se oulike T-hemp
FOTO: Hello!

Kyk HIER na nog foto’s van die prins se T-hemp

Om dankie te sê het koningin Elizabeth ’n brief aan Cindy gestuur om te sê dat sy die geskenk baie waardeer.

“Die feit is dat dit haar Hoogheid gelukkig gemaak het om dit aan haar agterkleinseun te gee. Dis lekker om deel van daardie proses te wees,” het die kunstenaar gesê.

BRON: Hello!