FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Die koninklike baba: 5 goed wat elke baby watcher móét weet

Elke baby watcher wat die naam werd is, wag in spanning vir die geboorte van Kate en William se tweede koninklike baba. Volgens Hello! kan dié vyf leidrade vir ons ’n idee gee van hoe die geboortedag gaan verloop. 

1. Toe die hertog en hertogin van Cambridge hul eersteling, prins George, in 2013 verwelkom het, het Kensington-paleis die baba se geboorte sowel as sy naam aangekondig. ’n Soortgelyke proses sal later dié maand gevolg word.

2. Kate sal die laaste paar weke van haar swangerskap, tot die geboorte, by Kensington-paleis deurbring.

3. Soos met George sal die bevalling in die eksklusiewe Lindo-vlerk van die St. Mary’s Hospitaal in Paddington plaasvind. Maar indien die hertogin haarself by haar ouerhuis in Berkshire bevind, is die personeel by die Royal Berkshire Hospitaal reeds voorberei.

4. Anders as met George sal joernaliste en fotograwe nie toegelaat word om buite die hospitaal te wag voordat Kate in kraam gegaan het nie.

5. Indien sy ná 10 nm. aan die nuwe prins/prinses die lewe skenk, sal die pers eers die volgende oggend ná agtuur ingelig word oor die baba se geslag, tyd van geboorte en gewig.

Lees volledige artikel HIER.

Volg gerus Kensington-paleis se Instagram en Twitter-blaaie vir die nuutste nuus.

Bron: Hello! 

Lees ook