annakedevilliers
Het jy gehoor?

SARIE se laaste onderhoud met violis Annake de Villiers

Jou kinderjare het ’n moeilike begin gehad?
My ma, Yvonne, is net ná my geboorte met kanker gediagnoseer. Ek het haar die eerste sewe jaar van my lewe min gesien, want sy was gedurig in die hospitaal. Sy wou nie gehad het hulle moet my hospitaal toe bring nie oor sy baie siek was.

My ouma, Kay Fairley, het van Kaapstad af Bloemfontein toe gekom om my en my ouer boetie en sussie te versorg. Teen my agtste jaar het my ma herstel en ons moes haar van voor af leer ken. Dit was die bindingsproses wat ek ná geboorte moes gehad het. Dit het my hele lewe beïnvloed. Ek het gevoel sy verwerp my en ek was te klein om te besef sy was siek. Sy het haar bes gedoen om te vergoed daarvoor en my na musiekklasse rondgery. Sy het selfs klavierlesse geneem om my te kan help. Sy was ’n verpleegster en baie kwaai: Ons het baie gehaak.

Toe volg moeilike tienerjare?
Ek het baie weggeloop. Ek het sedert ek 16 was my eie geld verdien deur in Sukovs se orkes te speel. Ek het dikwels ’n vliegkaartjie Kaap toe gekoop en ’n paar weke by my ouma gaan afkoel. My ma is vier jaar gelede oorlede en ons het uiteindelik ’n goeie verhouding gehad. My ouma is nou 89 en sy is steeds die moederfiguur in my lewe.

Waar het jou musiektalent begin groei?
Ek het op vier blokfluit begin neem, maar voor my sewende verjaardag het ek ’n simfonie-orkes op TV sien optree en op die viool verlief geraak. Ek moes lank aan my pa, AP, ’n narkotiseur, karring voordat hy ’n viool gekoop het. Daarna wou ek nooit weer ophou speel nie.

Wie is jou mentor?
Die dirigent Gérard Korsten het my deursettingsvermoë en dissipline geleer.

Hoe het jou loopbaan afgeskop?
Ná my B.Mus.-studies aan die Vrystaatse Universiteit was ek twee jaar verbonde aan Truk se orkes in die Staatsteater in Pretoria. Dit was altyd my droom om in ’n orkes te speel, maar dit was ontnugterend. Ek het saam met ’n klomp buitelandse musikante gespeel. Hulle was almal ontevrede, oorwerk en onderbetaald. Ek het ná twee jaar besluit ek kan nie twintig jaar in die orkes bly en soos hulle word nie.

Toe gaan jy op ’n sabbatsreis?
Ek het eers in Suid-Afrika en toe in Londen ’n kursus gevolg om volwassenes Engels te leer. Ek was ongelukkig en arm in Engeland. Bedags het ek geleer en saans in ’n kroeg gewerk. Daarna is ek Brasilië toe waar ek Engels gegee het, ’n luilekker lewe sonder sorge. Ek praat steeds Brasiliaanse Portugees vlot.

Die begin van jou oorgang na meer gemaklike musiekgenres het daar begin?
Ek het in Brasilië viool gespeel by ’n vriendin se troue. Die salsa-orkes wat ook by die troue opgetree het, het my genooi om saam te speel. Ek het lid van die orkes geword en geleer om ritmiese klanke uit my viool te tower.

Jou tydperk oorsee was ’n U-draai in jou lewe?
Dit was ook ’n emosionele reis, want ek moes myself vind. Ek moes my horisonne verbreed en dit het my verskeie kulture, musiekstyle en genres laat ervaar. Die ervaring was die inspirasie agter my eerste CD, U-Turn, want my musiekstyl en lewe het ’n U-draai gemaak.

* Annake was voorheen met tenoor Jannie Moolman getroud.

  • Kain

    Jammer dat so ‘n talentvolle vvrou so moes gaan.

  • Martie Swanepoel

    Al jou einas is nou weg …

  • Jayne

    Ai, my hart bloei…..wat ‘n GROOT verlies vir SA. Ly nou nog aan skok…voel sooo onwerklik!!!!
    Ons gaan jou mis liefste Annake. :(

  • Ria Smith – Phalaborwa

    Ek is so geskok om dit te verneem. Sy was voorwaar ‘n wonderlike violis en sal haar nooit vergeet nie. Ek wens haar familie en vriende baie sterkte toe vir die moeilike tyd van berusting en aanvaarding wat voorle.

  • Lynnette Deker

    sjoe dit is verskriklik. \\my simpatie aan die familie

  • Adri van Wyk

    Aai dit is so tragies, maar ek dink mense besef nie altyd die impak wat ouers het op hulle kinders nie….en dit bly jaresaam met jou. So baie jammer…Baie sterkte aan haar familie en Jannie en haar Vriende. x

  • Tamara van Vuuren

    My hart is seer!! Annake was ‘n pragtige vrou en ‘n baie goeie violis! Sy het haar ingelewe in haar musiek. Ons gaan jou mis!!!

  • Thina Basson

    My hart pyn wanneer ek lees van ‘n kosbare mens se ontydige heengaan. Dit laat by my die pynlike besef dat ons kollektief gefaal het t.o.v. betrokkenheid, liefde en barmhartigheid. Mag Annake vrede en rus vind. My innige meelewing met haar familie en vriende.

  • Sandra Labuschagne

    ‘n Bitter groot skok en verlies!

  • Cobus

    RIP Annake

  • Petro

    Ag hoe hartseer. Nog so jonk maar die lewe se harde kant gehad……

  • Erika Hanekom

    Sad,BAIE SAD! Soveel talent ……wasted…….verlore …..

  • CARINE CRYSTIL

    BAIE HARTSEER DAT ONS SO ‘N BRILJANTE MUSIKANT MOET VERLOOR…MAAR GOD HET DIE ANTWOORDE..

  • Leoni

    Dis tragies dat so ‘n pragtige en talentvolle mens gevoel het die enigste uitweg is om haar eie lewe te neem. Sy kon toor met ‘n viool! Die artikel werp bietjie meer lig op haar kinderjare, en maak my weereens bewus dat elkeen sy eie stryd stry en dat ons meer deernis met mekaar moet he.

  • Mechell Moodie

    Ai, so jammer om so n pragtige talentvolle musikant te verloor, ek het jou energie en passie op die verhoog altyd so geniet! Aan die familie, mag ons Hemelse Vader se genade julle dra.

  • Rina Lombard

    Aai toggie dit is baie hartseer!

  • Sarie

    Kan dit nie glo nie dis so hartseer – sy was so talentvol – baie sterkte aan haar familie

  • Tarien

    Wat ‘n vermorsing van ‘n jong lewe en so baie talent maar ander se boeke is duister om te lees. Rus in vrede.

  • Corleen van der Walt

    Ek het na haar en Jannie se vertoning by KKNK geyk en dit was so mooi dat ek hoendervleis gekry het. My hart is sommer seer.

  • Estelle Landman

    Dis so tragies dat in ons moderne tyd daar nie hulp vir haar was nie, haar dood is so onnodig.

  • Christa

    Baie hartseer nuus. Ons gaan jou mis Annake…moenie ophou speel nie…

  • Elize

    Ek droom net van al die wonderlike ervarings wat sy al beleef het en al die wonderlike reise wat sy al onderneem het. Net om ‘n viool so te kan bespeel moet hemels wees, ek verstaan nie…. Soveel energie, soveel mooi, hoe kon dit so sleg geëindig het?

  • Annmari

    So tragies en hartseer. Het die voorreg gehad om Annake te ontmoet en heelwat tyd in haar geselskap deur te bring tydens ‘n bootvaart op die Donau verlede jaar. Rus sag, Annake.
    Annmari Kruger

  • Kitty Bam

    Vreeslik geskok en hartseer.Sy was so talentvol.Jammer Annake.

  • Illse

    Annake dit is baie jammer dat jy so moes gaan. Jy was baie talentvolle vrou. Rus sag by JESUS en ek glo hy sal in GOD se engelekoor ook musiek maak. Jy met jou viool en Zak met sy mondfluitjie. Ge Korsten, Bles, Cora Marie ja nee dit raak alhoe beter daar bo. Sterkte aan haar familie.

  • Susan Joubert

    Ons weet nie antwoorde op al died vrae nie, maar baie baie sterkte aan haar familie en geliefdes. Sy was so begaafde kunstenaar!

  • Debbie

    Jammer dat haar leefstyl keuses haar talent die die liefde wat ander vir haar meer was om te hanteer.
    Om gay te wees is nie maklik nie.

  • Hannie de Waal

    My man Johan het glad nie vir Annake geken nie, net haar sien in optredes saam met Jannie. Tog het hy destyd al gese, dat sy vir hom na ‘n baie hartseer en depresiewe mens lyk. Wat kan ‘n mens doen om nog sulke mense te help, wat dalk ook gaan waardeur sy was……. al daardie donker tye!

  • Ria Scholtz

    Ja dis tog so jammer, baie mense soos hierdie pragtige mens loop met soveel hartseer van verwerping binne hulle rond en weet nie hoe om daaruit te kom nie. Sovele male is dit die uitweg wat hulle kies, die verkeerde een, die finale een.

    So jammer Annake, jy was so pragtig en talentvol. Jy moes baie trots op jouself gewees het want jy was dit werd. Sterkte aan alle familie en vriende wat haar persoonlik geken het.

  • Issabelle

    Wat ‘n hartseer , skok & teleur stelling !! Niemand weet wat werklik in haar hart aan gegaan het nie , tog so jammer dat mense dit beskou as al uitweg !!
    Mag almal wat baie na aan haar was , getroos word & omvou word met liefde , vandag , more & elke dag !! Hoe hartseer om te besef dit is waar !!

  • Lorraine

    Dit is altyd baie hartseer om sulke slegte nuus te verneem. Kom ons maak dit prioriteit om van vandag af meer in ons medemens belang te stel en meer te luister na ander as na onsself en te probeer sien as mense hartseer is. Miskien kan ‘n glimlag, meer omgee en meer belangstelling iemand anders help om homself te vind en te aanvaar en om te wil voorgaan. Kom ons respekteer ander se gevoelens en wil ek net sê die artikel in Rooi Rose was bloot ‘n artikel en geensins ‘n bekendmaking van verwerping nie. Dit voel vir ons almal op een of ander stadium of ons te nagekom word maar is dit nie maar soms hoe ons self daaroor voel nie, dit is nie altyd die werklikheid nie maar die situasie waarin ons verkeer wat ons laat voel ons is verwerp. Kom ons leer eerder om ons omstandighede te aanvaar en daarmee saam te leef en vir onsself doelwitte te stel en beter mense te word. Kom ons gooi geen verwyte rond nie en maak dit vir almal om ons net beter en miskien erens kan ons iemand vind wie ons baie nodig het. Sterkte aan almal betrokke die son sal weer opkom en warm skyn.

  • Elmarie

    Nimand verstaan die volle omvang van depressie nie. Ons het maanlandings gedoen en verken die diepste dele in die see en tog is die menslike brein en sy werkinge steeds duister. Ek bid die familie sterkte toe en kan net se soos in die Korinthiers geskryf is : ‘nou ken ons ten dele, maar eendag sal ons ten volle ken". So, ons verstaan nie nou die hoekoms en waaroms mense selfmoord pleeg maar eendag sal ons.

  • Charl

    As n persoon wat self baie stoei met selfmoord gedagtes, het ek baie simpatie met Annake. Ek wil niet he dat mense moet verstaan dat depressie regtig n siekte is, en dat medikasie kan help, maar dat die medikasie ook gereeld hersien moet word. Niemand kon haar help nie, net God, so niemand moet haar kwalik neem of dink dat sy die maklikste uitweg geneem het nie. Sy het nie. Sy kon tien teen een net nie meer die donker van depressie hanteer nie. Dit maak n mens moeg, siek en baie baie moedeloos. Jy sien net nie meer n uitweg nie. R.I.P. Annake. Ek verstaan, en voel net ontsettend jammer dat daar nie vir jou nog n bietjie tyd was om deur jou donker te kom nie.

  • Maria Vermeulen

    Maria het gesê: Soos die hoogte van die hemelruim en die diepte van die aardbodem, so kan `n ander se gedagtes ook nie gepeil word nie. Spr.25:3. Mag die Heer haar geliefdes vertroos met die wete sy is veilig en verlos van haar seer.

  • Esther

    Ek kuier in Amerika by my dogter,en die hartseer nuus is so erg!!Sy was so’n hoogs begaafde violis,Suid Afrika gaan haar mis

  • HELENA CLOETE

    HARTSEER OM TE DINK DAT SO N LIEFLIKE MENS DEUR SO N STRYD MOES GAAN
    RUS SAG,SPEEL JOU VIOOL IN DIE HEMEL EN AL DIE ENGELTJIES SAL OM JOU WEES
    JY WAS N PRAGTIGE MENS. RUS IN VREDE

  • cj aspeling

    jy is nou op n baie beter plek,rus in vrede

  • sonette

    Die donker is nou vir altyd weg! Net iemand anders wat sulke donker ervaar het sal verstaan. Gelukkig verstaan God 100%! Dankie God dat U alles verstaan en ons vergewe! Mag die Lig jou omvou en gelukkig maak saam jou Ma!
    Annie Lenox:
    ""She is gone to meet her Maker, back to where so came from. Peace at last!"

  • Lindie

    Bitter tragies. Hoe gaan ‘n ouer se lewe aan na so iets? Ek bid dat julle vrede sal vind vir julle stukkende Harte. Dat Hy wat alles weet, ook julle Harte sal verbind.

  • Ben

    Tog jammer dat die hemelse rus teen so ‘n helse prys moet kom.

  • Tilman von Delft

    Totsiens Annake! Het altyd so lekker gespeel en gekuier saam met jou in die Vrystaatse Jeugorkers en SUKOVS. Jy was altyd so vrolik en vol pret. Sal jou stoute glimlaggie mis. Jammer, het nooit besef van al jou hartseer nie. Baie sterkte aan jou familie en geliefdes. Mag jy in vrede rus! Tilman von Delft

  • Barend van der Merwe

    Selfmoord word as ‘n tipe aanklag ervaar deur die samelewing (en tot ‘n mate met goeie reg). Ek dink dis hoekom sommiges sulke mense kritiseer. Maar gedane sake het nie keer. Dis beter om nie te veroordeel nie, al laat selfmoorde ons ook soos beskuldigtes voel.

  • Michelle

    Wat ‘n groot skok…Aan Annake se familie en Jannie. Baie jammer vir die hartseer waardeur julle nou moet gaan, ek bid dat die Here julle elke dag krag sal gee om hierdie hartseer te kan verwerk. Ek het die voorreg gehad om Annake te ken. Het nie geweet die depressie het so ‘n groot houvas gehad nie. Mag Annake nou saggies rus by die Here en julle vrede vind. Liefde

  • Carien

    Ek het ook die indruk gekry dat sy ongelukkig is toe ek haar sien optree op TV. Ek het altyd gewonder of sy nie depressie het nie. Dit het gelyk asof dit moeilik vir haar was om te glimlag tewyl sy opgetree het.Haar musiekopvoerings was uitstekend voorberei en sy was briljant!

  • Auranjo

    My medisyne teen depressie is – uitstel, As ek so af en uit voel dan DOEN ek iets wat my laat sweet gaan slaap en more is ek beter. Dis ook nodig om ‘n nood nommer van iemand te hê wat my net weer in die boot kan help as ek nie self kan nie. As jy iemand ken wat aan depressie lei : HOU DOP! en help dit gaan oor.

  • Adre Claassens

    Ag hoe hartseer, sy het meer belewe in haar kort lewe as wat die meeste mense beleef het tot en met sestig, wat ‘n jammerte dat dit alles tot so ‘n einde gekom het. ‘n Mens wens amper dat ‘n mens haar kon geken het, dink net aan al die staaltjies en belewenisse wat sy kon vertel het, maar nou ja, depressie is niemand se speelmaat nie! Baie sterkte aan haar familie en naby vriende, julle sal haar sekerlik nooit kan vergeet nie en julle gaan haar beslis baie mis.

  • Alwyn

    Jou sien viool speel in in pragtige kerk in Steynsrus saam met Lize Beekman. Ongelooflike indruk gemaak. Jou nagedagtenis leef voort. Jy’s nie meer hier nie, en tog is jy hier.

  • Mariana Vermeulen

    Wat ‘n jammerte, so ‘n talentvolle mens! Mag God haar familie en ander geliefdes bystaan in hierdie uur van rou! Sterkte mense!

  • Engela Lombaard

    Haar hartseer het te diep gele en nou is ons almal hartseer en stom.. Soveel talent en so n mooi mens,sommer so vir ewig weg. Mag die Vader haar familie en vriende vertroos.

  • Giepie

    Almal simpatiseer met haar ouers en dit moet ook so wees,want sy was n baie talentvolle

    en beminde persoon.Kom ons bid ook vir haar siel ,dan weet ons sy is veilig by haar Heer.

  • Niki

    lesbian rejection

  • Christella Rademan

    Here gee ons insig en wysheid om te weet na wie ons moet uitreik, gee dat ons as mens nie in veroordeling staan nie, nie teenoor Anneke en ook nie teenoor ons self.
    Heer U wat die Bron is van Eqige Vrede help ook Anneke se familie, vriende en kollegas om Kalmte en Vrede te vind, in U is rus.
    Anneke ek sal jou skalks glimlag mis wanneer ons weer Skouspl kyk of musiekstukke waarin jy altyd opgetree het. Jy was volgens my ‘n pragtige mens.

  • Anoniem

    Almal kloek om iemand wat kanker het, wat in ‘n ongeluk betrokke was Ag daar is soveel dinge om op te noem MAAR sodra iemand aan depressie ly word daar net gefluister" Ag jong die persoon ly aan depressie so verskoon maar, nie al die varkies op hok nie, pasop! sy is mos maar ‘n moeilike mens" Ai mense hoe hartseer want DEPRESSIE is so seer siekte en so min mense verstaan dit en help iemand wat daaraan ly want dit is ‘n ‘BURDEN" om so iemand by te staan want daar is so min verstaan in die siekte Verstaan my baie mooi kanker en dies meer is vreeslik maar daar is hare wat uitval, naar wees sigbare tekens en met depressie sit die wond baie baie diep weg. Vertel vir jou man en kinders en familie daarvan en wees uiters versigtig wie jy vertrou in so situasie want sommige mense "gebruik" dit Ja ek klink sinies MAAR ek was al daar…………………………………. dankie op die stadium van my lewe is dit in beheer en het ek en my mense besef GEBED en nogmaals GEBED hulp van mediese mense en sielkundiges help Gaan soms sommer net na iemand wat jy kan vertrou en wat jy weet sal verstaan BAIE STERKTE AAN AL DIE MENSE WAT DAARMEE GEMOEID IS OF DIT SELF HET Net God is die GROOT geneesheer vertrou hom en raak net aan sy soom hy sal jou krag gee en al is dit soms net tydelik genees

  • Catharina

    Baie baie sterkte aan die familie en ek is so jammer so ‘n begaafde persoon is nie meer met ons nie.Ek vra ook asseblief hou almal julle geliefdes dop wat aan depressie ly. Dit is nie die maklikste siekte om te behandel nie en ek glo nie enige persoon verstaan waardeur so ‘n pasient ‘struggle’ nie.

  • wendy

    wat n pragtige mens ai toggie en so sad dink aan al haar geliefdes .en vriende ,net baie hartseer ,,

  • noeleen kempen

    Ek glo met my hele hart daar is n orkes in die hemel. Dink net hoe mooi is daardie orkes nou.
    Genade aan al jou geliefdes wat nou in n groot rouproses is. Hou net vas aan ons Vader hy is die enigste ! wat die pleister van genade oor diemseer kan plak.

  • T

    Daar is hoop vir depresie lyers,net jammer van die mense gaan soek n verkeerde uit weg,selfmoord.
    ek was ook n depresie lyer gewees.ek was ook op die rand van selfmoord,ek wou my ook self geskiet het.ek wil net noem,alleen die Hemelse Vader kon my uit my elende en pyn gehelp het,HY alleen het my verlos,dis al 25j later,en ek dank my Vader vir die verlosing werk wat HY in my kom doen het.
    geen medekasies niks net Jesus Christus alleen kan depresie kom weg neem.
    dis werklik jammer wat gebeur het,want selfmoord is nie n oplosing nie.dis die verkeurde besluit wat mense neem.kom na die Hemelse Vader Hy alleen kan U verlos.

  • AT

    Vind troos in die lewens Waarborg wat Ons Here vir ons almal gee in Johannes 14 vers 1-6 "MOET NIE ONTSTELD WEES NIE Ek gaan om vir julle plek voor te berei, dan kom Ek weer om julle na My toe te neem.Sterkte aan julle almal

  • Mercia

    Naasbestaandes, mag jul vertroosting in haar musiek vind,

  • Karien

    Dit is regtig baie hartseer. Ek stem nie saam dat dit telent is wat gemors is nie. Hoe kan iemand wat internasionaal bekend is vir haar talente se talente gemors wees net oor sy nou nie meer hier is nie. Ek drink ‘n glas van ons beste SA rooiwyn op jou Talent Annake, en dat ons daarin kon deel! Dankie

  • Tanya

    Dit is n’ongelooflike verlies vir die musiek wereld, die mense wat jy agterlaat is hartseer en mis jou

  • Marie

    Aan Lize: dit moes vreeslik gewees het om jou maat dood aan te tref. Kry asb. berading en dink aan al die mooi tye saam. Sy het dit gedoen omdat sy siek was, oor niks anders nie. Sterkte

  • Joans

    Sterkte vir haar familie en ook vir Lize, haar lewensmaat, wie se seer so maklik misgekyk word. Ons dink aan julle almal.

  • Narena

    Sy het haar talent met Suid-Afrika gedeel! Ons kan baie bevoorreg voel. Sy kon dit in soveel ander lande gedoen het. Sterkte aan haar familie.

  • Charlotte

    Ons moet een ding in gedagte hou God is in beheer, daar is ook die toelaatbare wil van God, en ek glo God het reeds vir ons almal se sondes gesterf ons is vry gekoop baie duur vry gekoop, en die dooderyk is oorwin ons lewe voort by ons Helse Vader, wat se vooruitsig is dit nie, al die donker is weg en al wat jy ervaar is vrede, die ewige lewe. Rus in vrede Anneke, mag God kalmte bring oor jou geliefdes.

  • Gys v Greuning

    Dis so jammer, ons hoop maar sy het haar saak reggemaak voor die daad , anders wag n swaar tyd.

  • James Scott

    ‘n Hartseer storie!!

  • Anton

    My hart bloei vir jou Annake..Jammer dat jy op so n’ manier moes gaan..Jy was so talentvol…Maar ek gun jou die rus en vrede…R.I.P Annake..Jou musiek sal altyd bly voortbestaan in ons nagedagtenis…

  • KiwiZA

    Gys v Greuning het gesê:

    Dis so jammer, ons hoop maar sy het haar saak reggemaak voor die daad , anders wag n swaar tyd.

    Gys, was jou fundamentalistiese sielsbeskouing werklik nodig? Kom by, man. Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Vandag is NIE die tyd of plek vir jou bekeringsdrange nie!

  • Renoclaf

    Ja, depressie is die DONKER DONKER GAT…dankie dat daar wel kommentaar gelewer is oor hoe jy so ‘n persoon moet mooi dophou..wees by hulle..gereeld…ek ly aan depressie en kan nie my medisyne bekostig nie al is ek op medies..ek is nie BI POLAR nie..depressie is nie ‘n PMB op medies nie alhoewel dit as kronies gesien word.. Daarom wil hulle dit nie op kronies sit nie…!!!!ek het vriende wat so nou en dan my help met my medisyne…maar kan nie aanhou met dit nie..ek is enkel en het nie ‘n onderstenings hulp nie..indien iemand hul lewe neem, moet asseblief ophou met die "ROEREND GEGROET" …waar was julle in die tyd wat die persoon moeilik gelewe het??? Dit is te laat mense?

  • Anna

    Dis vir my so vreeslik hartseer dat soveel mense sê hulle ken haar van geen kant af nie, maar sy het altyd so hartseer en depressief gelyk tydens optredes. As die gewone deursnee mens dit kan raaksien, kon NIEMAND na aan haar dit agterkom nie?? Almal was bewus daarvan dat sy medikasie neem vir depressie, maar niemand kon haar help nie. Dis so hartseer!! RIP Annake…

  • Danielle

    Ek was daar waar sy was… en dit was God se genade alleen dat ek dit nie gedoen het nie. As jy by daardie punt kom, dan is dit wat dit is. Dis verby. Dis n punt. nie n komma nie… Daar is niks meer te se nie. Niks meer om uit te ryk na toe nie. geen hoop. Geen mens kan jou meer bereik nie… Vriend, mag jy nooit daar gevind word waar die lewe n punt is nie en mag jy elke dag n komma in jou lewe ervaar… mag jy elke dag weer begin…

  • Edna

    Depressie het ‘n rede en mense soek nie altyd wat dit is nie. Frustrasie en verlies aan emosionele betrokkenheid en liefdeloosheid kan lelike dinge in mens veroorsaak. Ek was ook daar en het selfs die sneller getrek maar die pistool het geweier – nou kyk ek met ander oe na die lewe en ek het myself gevind en het nie ander mense nodig om my bestaan vol te maak nie. EK IS MENS in my eie reg en het vrede gemaak daarmee en uitgevind hoe om alleen gelukkig te wees. Moenie bagasie saamdra nie en as iets gebeur kyk na dit as melk wat in die sand gemors het – jy sal daardie melk nie weer in jou koffie kan gebruik nie – so stap weg en laat dit agter jou – die lewe gaan aan en dis NOU wat saak maak en werk liewer aan die volgende oomblik en die dag wat voorle. Kyk rondom jou en sien hoeveel ander het minder as wat jy het en tel jou seeninge en wees lief en mooi vir jouself. Moenie iemand anders probeer wees of soos iemand anders te lyk omdat ander mense daarvan sal hou nie – wees wie en hoe JY daarvan sal hou en wees trots op JOUSELF – JY MAAK SAAK!!!!

  • Liezel Roos

    Geen mens verstaan ‘n ander se gedagte nie, geen mens weet hoe dit voel wat elkeen deur moet maak nie. Ons het so om van te leef vandag, dat elkeen uit ander se foute leer. Waar sy vandag is wil ek ook eendag heengaan, want dit is ‘n beter plek as hierdie verwoeste aarde van ons. Die hemelse Vader het ‘n doel vir elkeen op die aarde van ons. Mag haar vriende en familie vrede vind in die Here.

  • Maggie

    Sprokiesland met die opvoering van jou lewe… die verhaal van wat is lewe en of dit regtig was…..Leeg lê die woorde oor stof en as getrooi. Hier sal ons staan by die skadukant van lewe waar sin net sin maak sonder woorde wat pas… Soek die lig…. soek jou drome…. breek oop die gordyn agter die donker nag…elkeen vertel die draaikolk van sy lewe…geen vlek… geen as…geen spoor van dit wat was!!!!!!!

  • RIA

    ek weet hoe jy gevoel het mensie, ek is self nou op daardie plek.

  • Natalie

    Ek lees die koerant berig oor en oor, iets onstel my, kan nie dadelik my vinger daarop Le nie…Dan tref dit my…Coenie De Villiers se dat Lize Beekman ‘n brawe ding gedoen het toe sy haar liefde roerend verklaar. Vir my is dit tragies, jy moet jou liefde nie wegsteek in die lewe en dan op die tafel wil sit in die dood nie! Ek onthou ‘n berig waarin Annake ‘n verhouding ontken, waarin sy se hulle is net vriende – ek is self Al 19 jaar in ‘n stabiele verhouding, as ek gevra word is ek eerlik – ek is bevoorreg om liefde te ken, en dit wat God op jou pad sit mag jy nie wegsteek nie! Ek wens ons bekendes wil besef dat eerlikheid meer werd moet wees as waaraan hulle waarde heg. KLIM UIT DIE KAS UIT – en Lief en leef sonder berou…

  • Kallie

    Sukkel al 30 jaar met depressie,ken die diepste skadukant daarvan. Hoe is dit dat medikasie wat moet help jou soms die donker dieptes in laat tuimel. Sy het het ‘n baie donker tyd beleef en geen hoop gesien nie. Op daardie pad is daar nie omdraai kans nie,bid dat sy in die lig ontvang is waarna sy gesmag het. Depressie is ‘n aaklige siekte wat jou ontneem van jou lewensvreugde!

  • Maddy

    Vaarwel! Mag my nou in die GROOT Oakes speeldin

  • Petra Bekker

    Annake jy, en net jy allen sal weet waarom? want jou geheime en probleme is saam met jou in die graf!
    Ons wat agterbly sal miskien nie verstaan nie, maar eendag sal ons ook voor kueses te staan moet kom.
    Jy was ‘n pragtige mens en gaan baie, baie gemis word.

  • Rene Pretroius

    Ek glo Jesus het jou seer verstaan Annecke…en Hy alleen sal jou daardeur dra. Ons mag nie oordeel nie. Hyt jou harki geken…en Hy alle sal die genesing bring. Rus in Vrede…en ek glo jou musiek sal voortleef in almal se harte!!!

  • Ronette Ferreira

    RONETTE FERREIRA
    Ek voel vir die mense wat agterbly veral vir Lize wat weer alleen by die huis moet deal met alles wat gebeur het. Haar maat wat nie meer daar is nie. Net die HERE weet alleen waardeur Anneke gegaan het. Tyd sal genees en gebede. Weet net jy is nie alleen nie.

  • Sharol

    Dit is so hartseer oor Annake. My gebede is met haar familie en vriende in hierdie moeilike tyd. Veral ook saam met Lize Beekman. Sterkte!!

  • Kriek

    Die afwesigheid van Annake se ma in die eerste sewe jaar van haar lewe , die verwerping en soeke na die liefde en vertroeteling van ‘n moeder se liefde het haar waarskynlik haar hele kort lewe bygebly. Sy kon dalk gedink het sy sou dit in die arms van ‘n ander vrou vind, veronderstel sy het dan ontdek so ‘n vrou kon met al die beste bedoelings baie ander dinge vir haar wees, maar nie haar ma nie? Waartoe sou haar ontnugtering haar dan gedryf het? Sy kon dalk voel hier is nou geen omdraai meer nie, vorentoe op hierdie pad sou sy dalk voel sy kon nie gaan nie, en die brue agter haar het sy verbrand….

    Dankie vir haar Hemelse Vader wat vir haar gewag het en al haar hartseer en verwerpjng en ontnugtering vir altyd stilgemaak het, Rus sag, pragtige kind van God.