Kyk hoe oulik is Jo da Silva se bont kat, Cleo FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

Dié Laner is mal oor haar katte

Wie sou kon dink 7de Laan se Gita is in die regte lewe gek na troeteldiere? Tog lyk dit of Jo da Silva, Gita in dié gewilde sepie, eintlik ’n groot katliefhebber is!

Jo het haar drie katte –  een swart, een bont en een ’n gemmerkat – almal by ’n katreddingsorganisasie waarby sy self ook betrokke is, aangeneem. Dit lyk of Jo baie lief is vir Cleo, Jasper en Midnight.

Só bly Jo da Silva gesond

7de Laan het die oulike foto’s op Facebook gedeel.

Jo se swart kat, Midnight FOTO: Facebook

Jo se swart kat, Midnight
FOTO: Facebook

Nog 'n foto van Cleo - dit lyk of dié bont kat spelerig is FOTO: Facebook

Nog ‘n foto van Cleo – dit lyk of dié bont kat spelerig is
FOTO: Facebook

Jo is nie die enigste sepiester met ’n liefde vir haar troeteldiere nie. Amalia Uys het verlede jaar vir SARIE vertel haar kat, Yoyo, is die punt van haar hart.

Amalia se kat, Yoyo FOTO: Instagram (@amalia1uys)

Amalia se kat, Yoyo
FOTO: Instagram (@amalia1uys)

Intussen het die rooikop-aktrise, wat binnekort in Binnelanders speel, ook ’n baie oulike hond, Sooki, gekry!

Amalia het haar ligte vel aanvaar

Sooki lê en slaap by Amalia FOTO: Instagram (@amalia1uys)

Sooki lê en slaap by Amalia
FOTO: Instagram (@amalia1uys)

Dit lyk of Yoyo en Sooki, ’n klein Jack Russel, baie goed oor die weg kom.

WAT IS JOU GUNSTELING-TROETELDIER? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook– of Twitter-blad.