Het jy gehoor?

Die lewe vóór die paleis – koninklikes se beroepe voordat hulle die kroon gedra het

Om ’n koninklike te wees is ’n heeltydse werk – met al die amptelike verpligtinge en toere is daar min tyd vir enige iets anders. Maar van ons gunsteling-koninklikes het eers ander beroepe gehad, berig Hello!.

Blaai deur ons galery om te sien watter “alledaagse” beroepe hulle eens gehad het.

Sophie, gravin van Wessex, getroud met prins Edward

Voordat sy 'n gravin geword het, het Sophie in die kommunikasieveld vir meer as 'n dekade gewerk. Opgelei as 'n sekretaresse, het sy hard gewerk om bo uit te kom. Teen die einde van haar loopbaan het sy in die media-afdeling van een van die grootste Britse radiostasies gewerk.

Sy het haar werk afgeskaal ná haar troue met Edward en is nou voltyds 'n koninklike.

Prinses Letizia, getroud met prins Felipe van Spanje

Letizia was 'n joernalis en nuusleser. Sy het groot stories soos verkiesings en oorloë gedek. Sy het ook regstreeks uit New York berig net ná die terreur-aanvalle in 2001.
Sy is deesdae voltyds besig met haar koninklike verpligtinge.

Catherine, hertogin van Cambridge, getroud met prins William

Voordat sy getrou het, het Kate bykomstighede aangekoop vir 'n luukse klerewinkel in Engeland. Belle Robinson, eienaar van dié winkel het aan Hello! vertel dat sy baie graag 'n werk wou hê sonder vaste ure sodat sy haar verhouding met 'n 'hoë profiel-man' kan volhou.

FOTO: Gallo Images / Getty Images


Prinses Charlene van Monaco, getroud met prins Albert II

Prinses Charlene was 'n professionele swemmer vir Suid-Afrika. Sy het 3 goue en 'n silwer medalje gewen in 1999 se Afrika Spele en in 2000 aan die Olimpiese Spele deelgeneem. Sy het tydens 'n swemkompetisie in Monaco vir prins Albert ontmoet.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Prins Daniel, hertog van Västergötland, getroud met prinses Victoria van Swede

Daniel was 'n persoonlike afrigter voordat hy met Victoria getrou het. Hy het drie gimnasiums in Swede besit. Hy was ook vir 'n kort tydperk in die Sweedse weermag.
Nou verrig hy voltyds sy koninklike verpligtinge.

Prinses Mary van Denemarke, getroud met prins Frederik

Mary het in die advertensiewese gewerk totdat sy in 2004 met die prins getroud is. Sy het as 'n junior begin, maar teen die einde van haar loopbaan vir Microsoft gewerk.

Koningin Maxima van Nederland, getroud met koning Willem-Alexander

Dié koningin was 'n beleggingsadviseur vir groot finansiële maatskappye en het 'n graad in ekonomie. Toe sy in 2002 getrou het, het sy dié suksesvolle beroep agtergelaat.

Koningin Rania van Jordanië, getroud met koning Abdullah II

Dié koningin was in die bemarkingsindustrie en het vir die rekenaarreus Apple Inc se bemarkingsafdeling gewerk voordat sy in 1993 in die koninklike familie getrou het.

Prinses Tatiana van Griekeland en Denemarke, getroud met prins Nikolaos

Tatiana was 'n publisiteitsagent vir die Belgiese mode-ontwerper Diane von Fürstenberg (ook 'n voormalige prinses wat van haar Duitse prins geskei is).

Bron: Hello!