FOTO: Royal Household/John Swannell

FOTO: Royal Household/John Swannell

Het jy gehoor?

Die liefdesverhaal van koningin Elizabeth en prins Philip

Oor die jare het koningin Elizabeth II politieke leiers sien kom en gaan, maar een mens het konstant in haar lewe gebly: prins Philip. En later vanjaar sal die paartjie 69 jaar getroud wees!

’n Brief wat koningin Elizabeth aan die skrywer Betty Shew geskryf het, was op 23 April by Chippenham in Wiltshire opgeveil vir £14,000 (sowat R302 000). In die brief beskryf ’n 21-jarige Elizabeth haar ontmoeting met prins Philip, en sy vertel hoe die jong verliefdes deur die paparazzi gejaag is en hoe hulle in Londen gaan dans het.

FOTO: PA

FOTO: PA

Betty was besig met ’n boek oor die paartjie se groot dag. Toe nog ’n prinses, het die jong Elizabeth ’n paar maande voor die troue openlik haar liefde en waardering vir prins Philip in dié brief verklaar.

Vir die volledige storie lees IBT.

Die liefdesverhaal van koningin Elizabeth en prins Philip

Dis geen geheim dat sy prins Philip as haar rots beskou nie. Sy het al keer op keer oor sy getrouheid teenoor haar gepraat. Dit was ook prins Philip wat koningin Elizabeth ingelig het oor haar pa, koning George III, se afsterwe.

Hier’s 5 dinge oor dié koninklike paartjie:

1. Die paartjie het al in 1939 ontmoet toe koningin Elizabeth net 13 en prins Philip 18 jaar oud was. Dit was glo liefde met die eerste oogopslag.

2. Die verhouding is aanvanklik nie goedgekeur nie omdat prins Philip van Griekeland is en geen koninkryk gehad het nie.

3. Prins Philip het in 1946 in die geheim vir koningin Elizabeth gevra om met hom te trou. Sy het onmiddellik ja gesê.

4. Die paartjie se troue op 20 November 1947 was die eerste koninklike fees-viering ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog.

5. Die dag van hul troue het prins Philip ophou rook. Sedertdien het hy nog nie een keer aan ’n sigaret geraak nie.

Vir nog feite oor koningin Elizabeth klik hier.

Bronne: BBC, Bridal Guide