liefling_the_movie
Het jy gehoor?

Die tweede Liefling-voorprent is hier! Splinternuut!

 Linda Korsten, Gé se dogter, is die mede-vervaardiger van dié musiekblyspel. Gé het in 1967 in ‘Hoor My Lied’ gespeel en drie van sy trefferliedjies word in Liefling, die Movie gehoor.

Dié “musiek-potpourri”, verwerk deur Johan Heystek, het ‘n heerlike energieke Mamma Mia!-gevoel. Kurt Darren, Kevin Leo en Sonja Herholdt is ook in die fliek te sien. Die asemrowende Hartebeespoort-omgewing het die skilderagtige agtergrond vir dié liefdesverhaal geskep, maar die span het ook in November verlede jaar ‘n draai in Switserland gaan maak.

Ons kan nie wag nie!

Bobby van Jaarsveld en Lika Berning

Bobby van Jaarsveld en Lika Berning

Bobby van Jaarsveld en Lika Berning

Kyk die 2de voorskou wat pas vrygestel is!


  • http://myhfdmkxecbt.com/ brqifblhf

    lpcLao yvzgipaehpvh, [url=http://kvmypvjmvxnf.com/]kvmypvjmvxnf[/url], [link=http://zwszjofxhqjh.com/]zwszjofxhqjh[/link], http://bthtpfusmxwc.com/

  • bessie v d walt

    Ge Korsten was nog steeda die beste sanger van liefling met die meeste gevoel en niemand kan hom dit namaak nie

  • Arnold

    Lyk my ons as Suid Afrikaners kan dit nou maar nie eenkeer reg kry sonder om iemand anders te copy nie….dit lyk dan net soos Mama Mia?????????

  • Alma

    Kannie wag nie!!! Moet die een sien!!!

  • Hesté

    Wow verskoon my geesdriftigheid – maar ek is meer opgewonde om hierdie rolprent te sien as ‘Eclipse’ (En ek is ‘n groot ‘Twilight’fanatikus). Ek wil solank my bestelling vir die DVD insit. My kinders is gek na musikale rolprente, en uiteindelik is hier een in ons taal! Viva Afrikaans – mag jy nog lank voortleef!

  • Koba

    Wel Arnold, hou op kla. As nie daarvan hou nie, moet dit nie kyk nie. GAAN WEES NEGATIEF SINIES IEWERS ANDERS!!!

  • Marita

    Het Liefling vandag gesien – uitstekend !!!!!!! Maak ons trots SA !!!!

  • Mart

    As een liedjie na Mamma Mia klink, wat kwansuis nage-aap is, wees bly vir die wonderlike ander dele. Minstens is daar nie ‘n gejaag met motors soos in die Amerikaanse movies nie. Praat van onoorspronklik! Geen Amerikaansie fliek is meer daarsonder nie!!

  • Estelle

    Ek het hierdie fliek vannaand gaan kyk en ek dink dit is WONDERLIK – het dit vreeslik baie geniet – Nostalgies verby!!!!!!!! Die love story is great en die liedjies het trane getrek! Gaan baie beslis op die uitkyk wees vir die DVD

  • Fransina

    Hi almal, ek het die naweek wat verby is Liefling gaan kyk. En ek moet sê, dit is so so so so mooi, woorde kan dit nie eers beskryf nie. Ek beveel dit vir almal aan

  • Claudia

    Baie baie dankie!!!! Dit was fantasties. Ek gaan sommer die DVD ook koop en hou. Ons het meer Afrikaanse films nodig soos die
    Hou so aan!!!!! Sal dit definitief vir almal wat nog afrikaanse kultuur en bloed in hulle het aanbeveel. Die mense wat so kla?? van waar is julle???

  • ilze koltzow

    Dis regtig n goeie idee om LIEFLING S-A se eerste musical te maak. Die fliek het my weer laat dink aan my eerste liefde. 10/10 die fliek was regtig awesome!!! dankie