Het jy gehoor?

Die maanlanding verewig in ‘n spesiale eerstedag-koevert

Op die 9de Junie 1969 het ‘n Kapenaar, Mnr L.J. Spijkerman, ‘n brief en ‘n spesiaal-ontwerpte eerstedag-koevert na Houston, Amerika, gestuur met die hoop dat die 3 ruimtevaarders van die Apollo 11-vaartuig dit sou onderteken met hul terugkeer ná die eerste maanlanding. Hy het sy versoek só aan die 3 manne gerig:

“Dear Mr Armstrong,

Enclosed you will find an envelope which I have made for my collection for first day postal covers. Would you, and your two fellow-astronauts, be so kind as to place your signatures in the open space between the earth and the moon on the sketch on the enclosed envelope. I am well aware of the fact that you are very busy with all the preparations for the big day, but I will be grateful if you could do this for me. Unfortunately we are not in the position to meet you personally, however when the time comes for your trip to the moon, we will see a lot of you in the newspapers and on the cinema screens.”

Vyf weke later was dit terug in sy posbus, geteken deur Neil Armstrong, Michael Collins en Buzz Aldrin.

Besoek die NASA-webtuiste en beleef die eerste maanlanding.

  • W.de V. Kloppers

    Vêr vooruit gedink deur Mnr Spijkerman .Sy beskeie moeite behoort sy nageslag trots te laat .Die stukkie geskiedenis hoort op ‘n uitstalling wat toeganklik vir belangstellendes is .