Het jy gehoor?

Dié mans dra speedo’s!

Die grootste voordeel van ’n speedo is dat dit lekker koel is en vinnig droog word, sê Izak Davel. Hy het dit nie destyds op die eiland gedra om te spog nie, “maar omdat ek gehoor het speedo’s is besonder higiënies”, voeg hy by. Izak reken enige man wat gemaklik voel in ’n speedo, mag een dra. Maar omdat dié swembroekies so ’n sensitiewe saak is, “moet diegene wat nie oor hul voorkoms besorg is nie, liewer in ’n boxer swem”. Dié sanger en akteur sê sy vrou, Mericke, en sy familie is nou al “hopelik” sy speedo gewoond, al het hulle in die begin vir hom gelag.

Vanuit ’n professionele swemoogpunt maak ’n speedo jou meer vaartbelyn, sê die swemmer Cameron van der Burgh, ’n uitgesproke ondersteuner. “Dit pas ook baie gemakliker as ’n boxer en jy kry geen uitslag van die seesout of -sand nie.” Hy reken SA mans dra nie te graag ’n speedo nie, “omdat baie dit te groot koop en dan pas dit nie reg nie”. Tweedens is dit ’n kulturele ding. Ons is meer terughoudend, terwyl speedo’s in Europa ’n algemene ding is – “net so algemeen soos  bostukloosheid by die see vir vroue,” sê hy.

Ryk Neethling is die koning van speedo-draers, sê byna al die vroue. En tog wou die beskeie,  ingetoë Ryk “liewer nie kommentaar lewer nie”.

  • Geertruida

    O jinning, nee !!!!!
    Dis VREESLIK lelik — hulle noem dit nie verniet ‘budgie smugglers’ in Oz nie.
    Ag-nee man , trek vir jou ordentlik aan — moenie alles so blatant te toon stel nie…
    bêre so ietsie vir die verbeelding..