Het jy gehoor?

FOTO’S: Die menslike Ken-pop

Amerikaner Justin Jedlica het die term ‘pop-mooi’ letterlik opgeneem. Justin, beter bekend as die menslike Ken-pop, het alreeds meer as 90 kosmetiese prosedures ondergaan en hy gaan nie ophou nie. Só het hy op die kletsprogram The Doctors vertel.

Sy kosmetiese prosedures het om al byna R1 miljoen uit die sak gejaag: sy neus, borskas, skouers, arms, gesig, maag, bobene en sy boude.

“Dis soos ’n uitbreiding van kreatiwiteit. In ’n mate hanteer ek myself soos ’n beeldhoustuk, my eie kunswerk”, het hy op die program gesê.

Justin het vertel dat hy aanhou werk aan sy lyf omdat sy beskouing van die ideale liggaam mettertyd verander.

Hier is ’n foto van Justin ná sy mees onlangse operasies: 4 inplantings in sy rug en die verwydering van voorkopare.

Hy beplan nou om sy oogkleur te verander, het hy op sy blog gesê.

Justin bied konsultasiedienste aan en noem homself ’n “plastiese chirurgie-kenner” op sy webtuiste, al het hy geen mediese agtergrond nie.

Hier spog Justin met sy neusveranderinge. Hy sê dit het hom $30 000 uit die sak uit gejaag:

FOTO: Instagram @jutinjedlica

FOTO: Instagram @jutinjedlica

Dié TV-program, Lifestyle of the Rich and Famous, het Justin Jedlica geïnspireer om sy eerste chirurgiese prosedure op sy neus te onderneem toe hy 18 was, sê Wikipedia.

Lifestyles_of_the_Rich_&_Famous