FOTO: Chuck Kennedy

FOTO: Chuck Kennedy

Het jy gehoor?

Die Michelle-effek

Dis nie net Kate Middleton wat rokke binne rekordtyd van die rakke af laat vlieg nie …

Mense praat daarvan as die Kate-effek - wanneer Kate, die hertogin van Cambridge, ‘n rok dra of iets koop en dit is beskikbaar vir die publiek, word dit binne rekordtyd uitverkoop.

En nou het die Amerikaanse presidentsvrou Michelle Obama ook dié effek! Die rede hiervoor is dat sy nie net stylvol is nie, maar ook bekostigbare klere dra. Soos die keer dat sy ‘n rok van $55 (sowat R540) na ‘n geleentheid gedra het.

Onlangs het sy ook ‘n rok van die Amerikaanse ontwerper Tory Burch na ‘n geleentheid gedra waar sy en die aktrise Eva Longoria kinders aangemoedig het om meer water te drink. Dié rok is ook aanlyn teen $695 (R6 829) beskikbaar.

Albei dié rokke het blitsvinnig uitverkoop nadat sy dit gedra het.

Michelle Obama, Eva Longoria

Hoekom hou almal van die rok?

Dié rok is ‘n treffer om verskeie redes.

  • Blou: Blou is vanjaar ‘n groot modekleur. En dié donkerder skakering pas mooi by Michelle se velkleur.
  • Moue: Hoewel Michelle bekend is vir haar ferm bo-arms, is dít een area waaroor baie vroue skaam is. Dié moue sny haar arms op die regte plek sodat dit nie groot lyk nie.
  • Kraag: Die kraagrok bly ‘n baie stylvolle silhoeët.
  • Tie-dye: Die patroon herinner ons aan die tie-dye trend (knoop-en-doop) wat weer ‘n verskyning op die loopplanke gemaak het.

Kry ‘n soortgelyke rok in die SARIE-winkel

Adriana Dress Colourblocked Shirt Dress

 

 

Adriana

 

 

 

 

 

 

 

 

Colourblocked Shirt Dress

 

 

 

 

 

Oranje soos Eva

Pleated Dress

 

 

 

 

Pleated Dress

 

 

 

 

 

Wrap Dress With Three-quarter Sleeves

 

 

 

 

Wrap Dress With Three-quarter Sleeves

 

 

 

 

 

 

Bron: Huffington Post