FOTO Instagram @enews

FOTO Instagram @enews

Het jy gehoor?

Dié moontlike nuwe paartjie breek die internet!

Wag, wat?! Is hulle werklik ’n paartjie? ’n Steelfoto is geneem waar die sangers Selena Gomez en The Weeknd mekaar liefdevol omhels. Hulle het selfs gesoen, berig E! News.

Volgens E! News het die “paartjie” onlangs by ’n restaurant in Los Angeles gaan eet. Terwyl die twee vir hul motors gewag het kon hulle nie hul hande van mekaar hou nie.

The Weeknd, oftewel Abel Tesfaye, en Bella Hadid, ’n Victoria’s Secret-model, het verlede November hul verhouding beëindig ná 18 maande saam.

En dit lyk of hy nie baie lank gewag het om aan te beweeg nie.

Die gewese paartjie het verlede jaar opslae gemaak toe The Weeknd opgetree het by die Victoria’s Secret-modevertoning waar Bella op die loopplank was.

In ’n onlangse onderhoud met E! News het Bella laat blyk hoe dinge tussen haar en Abel staan sedert hulle opgebreek het.

“Daar’s geen ongemaklikheid tussen ons nie. Hy is my beste vriend.”

Ons wonder of dit steeds die geval is. Ná die nuus van Selena en The Weeknd gebreek het, volg Bella nie meer Justin Bieber se eks op Instagram nie, berig Daily Mail.

O jitte.

Lees nou:

Ed Sheeran breek rekords met sy nuwe musiek! Luister dit hiér

Tranerige Obama se laaste toespraak

2017 se TV-seisoen skop af met Lady Gaga as Donatella Versace