FOTO: Clinton Lubbe

Het jy gehoor?

Die Nataniël Tafel wen groot by Tempo’s

Die harde werk van die span agter kykNET en Nataniël se kookprogram, Die Nataniël Tafel, is beloon toe hulle gisteraand met ’n Tempo-toekenning huis toe is.

Die Nataniël Tafel, waarvan SARIE die mediavennoot is, het by dié jaarlikse toekenningsgeleentheid koning gekraai in die kategorie Beste TV-reeks van die Jaar: Aktualiteit, Werklikheid, Speletjies.

“Ek steur my gewoonlik glad nie aan toekennings nie, maar dié keer is ek dankbaar vir die kykers wat gestem het,” sê Nataniël aan SARIE.com. “Dit beteken mense waardeer wat ons doen.”

Nataniël en sy Kaalkop-rubriek is al sinoniem met SARIE. Hy het ook verlede jaar op die voorblad van die Desember-uitgawe verskyn.

natanielshare_310w_310w“Ek is baie bly vir die span, want hulle werk ontsettend hard en kry nooit die eer nie,” het hy verder oor die toekenning gesê.

Huisgenoot-lesers kon vir hul gunstelinge stem om Tempo-toekennings te wen in kategorieë soos Liedjie van die Jaar, TV-reeks van die Jaar, TV-aanbieder van die Jaar en Sepie van die Jaar. Die aand se groot wenners was Karlien van Jaarsveld, die fiek Pad na jou hart (waarvan SARIE ook ’n mediavennoot was) en die TV-sepie 7de Laan. Kyk hier wie al die groot wenners van die aand was.

Desember Nataniël

Nóg oor Nataniël op SARIE.com