top gear
Het jy gehoor?

Die nuwe aanbieder van Top Gear is Chris Evans

Skuif op, Jeremy Clarkson! Chris Evans is nou die man in beheer van die supergewilde TV-reeks Top Gear, berig Hello!

Chris Evans FOTO:  Twitter

Chris Evans FOTO: Twitter

Daar word al vir maande wyd bespiegel oor wie die leisels by Jeremy Clarkson, die voormalige aanbieder van dié program, sal oorneem. Die BBC het gister aangekondig dat Chris die aanbieder sal wees, hoewel hy ’n paar maande gelede getwiet het dat hy nie beskikbaar is vir die posisie nie.

Chris het in ’n verklaring gesê dat hy baie opgewonde is: “Top Gear is my gunsteling-program.” Hy sal nie sy gewilde radio-geselsprogram, R2 Breakfast Show, verlaat nie.

Jeremy is in Maart ná ’n omstrede uitval met een van die vervaardigers van Top Gear in die pad gesteek.

Dink jy Chris Evans sal net so goed soos Jeremy Clarkson aanbied?

  • Ja
  • Nee

Bron: Hello!

Lees ook