Bennie Fourie en Tina Kruger
FOTO Werner Botha van Plastiek

Bennie Fourie en Tina Kruger FOTO Werner Botha van Plastiek

Het jy gehoor?

Die nuwe Afrikaanse fliek Sy Klink Soos Lente

Vars nuus! Van die land se voorste jong akteurs is besig om te werk aan die volgende gróót Afrikaanse film, Sy Klink Soos Lente. 

En SARIE is die trotse mediavennoot van dié opwindende projek.

Bouwer Bosch Films in samewerking met kykNET en King Price bied aan: Sy Klink Soos Lente

Sy Klink Soos Lente is ’n eiesoortige romantiese komedie. ’n Motorwerktuigkundige loop sy baas se dogter in ’n kroeg raak. Onkant gevang deur haar sjarme, vertel hy haar hy’s in ’n band. Hy en sy vriende van die werkswinkel is dan natuurlik genoodsaak om werklik ’n band te begin in ’n poging om haar hart te wen.

Groot name soos Amalia Uys, Stiaan Smith, Bennie Fourie, Wilson Dunster, James Cunningham, Darren Kelfkens, Bouwer Bosch en Tina Kruger is in die rolverdeling.

Bouwer Bosch FOTO: Werner Botha van Plastiek

Bouwer Bosch
FOTO Werner Botha van Plastiek

FOTO: Werner Botha van Plastiek

Wilson Dunster, James Cunningham, Stiaan Smith en Bennie Fourie
FOTO Werner Botha van Plastiek

Corné van Rooyen, bekend vir Hollywood in my huis, is die regisseur en die film word vervaardig deur Bouwer Bosch, Danie Bester, Rachelle Crous, Stiaan Smith en Tina Kruger.

FOTO: Werner Botha van Plastiek

Darren Kelfkens in Sy Klink Soos Lente
FOTO Werner Botha van Plastiek

Dié film word op 30 September 2016 uitgereik.

Amalia Uys vertel

FOTO: Werner Botha van Plastiek

FOTO Werner Botha van Plastiek

“Dis ’n ongelooflike voorreg om deel te wees van hierdie produksie! Ek het absoluut verlief geraak op die storie en die karakters. Sy Klink Soos Lente is beslis nie jou alledaagse Afrikaanse romantiese komedie nie. Dis oorspronklik, eg, gutsy en van internasionale gehalte. Die span wat saamwerk om hierdie projek te laat realiseer is ’n merkwaardige klompie jongmense – almal dinamies en talentvol in wat hulle doen. Elke dag op stel voel soos ’n droom wat waar geword het en ek kan nie wag om die eindproduk te sien nie! Gehore is in vir ’n heerlike verrassing en die bekendstelling van ’n totale nuwe gesig vir die Afrikaanse romcom-genre… Hier kom werklik ’n ding!”

Stiaan Smith vertel

SKSL_003

FOTO Werner Botha van Plastiek

“Dit is ongelooflik om te sien hoe ’n geskrewe wêreld lewendig raak in terme van karakters, omgewings en situasies met Sy Klink Soos Lente. Dis ’n voorreg om ’n film te kan maak saam met mense wat so passievol is oor stories, en om saam met ’n energieke en kreatiewe span te kan werk aan die produksie. Ons is tans in ons vierde week van produksie, maar ek is klaar kinderlik opgewonde en ons almal kan nie wag tot 30 September 2016 wanneer ons dit met die res van die wereld kan deel nie.”

Volg Sy Klink Soos Lente op Facebook.

 

Sien jy uit na Sy Klink Soos Lente?

  • Ja
  • Nee