Rachel McAdams

Het jy gehoor?

Dié nuwe paartjie het Hollywood aan die gons

Een van Hollywood se sweethearts Rachel McAdams is weer in ’n verhouding. En dié keer nie met Ryan Gosling nie! Die Notebook-aktrise en akteur Jake Gyllenhaal is volgens die oorsese skinderblaaie ’n paartjie. 

Dié twee, wat in 2010 saam ’n Oscar-toekenning oorhandig het, werk tans in Pittsburg aan die fliek Shortpaw. Dié twee is die afgelope week al meer as een keer saam gesien – en nie nét op die filmstel nie …

jake gyllenhaal gqEers is Jake en Rachel saam gesien waar hulle by ’n restaurant in Pittsburg gaan eet het. ’n Aanhanger, Michael Duganier, het dié steelfoto van die twee sterre geneem en op Instagram gedeel. “Waarom eet my meisie Rachel McAdams aandete saam met Jake Gyllenhaal?” het hy spottend gevra.

Vier dae later het hulle ’n restaurant-ete in New York geniet voordat hulle ’n boks-wedstryd gaan kyk het.

Vriende van die twee akteurs sê dié kuiers na-ure is vir werk (hulle doen navorsing vir Shortpaw) en hul verhouding is platonies. Ander bronne beweer weer hier is ’n groot romanse aan die broei.

Rachel – bekend vir haar rolle in The Notebook, The Time Traveler’s Wife en About Time – het voorheen al met die akteurs Ryan Gosling, haar medester in The Notebook, en Michael Sheen, haar medester in Midnight in Paris, uitgegaan.

Jake, wat in Brokeback Mountain gespeel het, se bekendste verhouding was waarskynlik met sangeres Taylor Swift. Hy het ook al met Kirsten Dunst en Reese Witherspoon uitgegaan.

Bronne: Daily Mail, US Magazine, New York Daily News