Lane Bryant
Het jy gehoor?

Dié modelle sê plusgrootte is ook sexy

Bekende plusgrootte modelle soos Candice Huffine en Ashley Graham pronk met hul wulpse kurwes, geklee in sexy Cacique-onderklere in ’n nuwe veldtog, #ImNoAngel.

Die veldtog sinspeel op Victoria Secret se bekende Angels, berig E! Onlineen moedig die publiek aan om die term sexy te herdefinieer.

 

I'm no angel

Die betrokke modelle het sosiale media gebruik om hul advertensie te bemark en aanhangers gevra hoe hulle sexy definieer.

Candice het haarself in ’n #ImNoAngel-T-hemp afgeneem en die foto op Instagram geplaas. Volgens haar is dit sexy om niemand anders as jouself te wees nie.

FOTO: Instagram candicehuffine

FOTO: Instagram candicehuffine

Ashley het ’n soortgelyke selfie met haar meer as 260 000 Instagram-volgelinge gedeel. “Ek herdefinieer wat sexy is deur te sê dat skoonheid meer as jou grootte is,” het die onderskrif gelees.

FOTO: Instagram @theashleygraham

FOTO: Instagram @theashleygraham

Kyk hier na die sexy #ImNoAngel-advertensie

Bron: E! Online

Lees ook