Het jy gehoor?

Die prinse kuier in Kaapstad, speel sokker in Lesotho

Prins William en prins Harry kuier vanaand in Kaapstad om hul nasionale sokkerspan, Engeland, te ondersteun. Hierdie besoek is deel van ‘n toer na Afrika waar hulle onder meer reeds projekte in Botswana besoek het, en Harry vir William ‘n projek wat hy help stig het (Sentebale-projek) in Lesotho gewys het. Hier het hulle saam met die kinders van die Semongkong Children’s Centre ‘n sokkerwedstryd gespeel, met ‘n prins in elke span. (Kyk die video hieronder).

Hulle is later na die koninklike paleis van Lesotho waar hulle aan die Mamohato Network Club, ‘n selfvertroueprojek vir HIV-positiewe kinders, deelgeneem het. Harry het verklap dat sy droomwerk dié is van ‘n surfer, ‘n natuurfotograaf of ‘n helikoptervlieënier. William se droomwerk is ook dié van ‘n helikoptervlieënier.

Lees ook Katie Nicholl, skrywer van William and Harry, se blog oor hul tyd in Afrika.

As jy dalk vanaand die prinse in Kaapstad raakloop, speel paparazzi en stuur vir ons ‘n foto of twee by sarie@sarie.com. Jy kan ‘n SARIE-geskenkpak WEN!