FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Die rede waarom Harry en Cressida uit is

Volgens die Britse tydskrif Hello! het Cressida Bonas besluit dat sy nou eerder op haar beroep wil fokus as om konstant in die kollig te wees.

Die nuus dat prins Harry weer enkellopend is, was vir baie ’n verrassing, omdat dit oënskynlik goed gegaan het die afgelope paar maande met sy verhouding met Cressida.

’n Vriend van die paartjie het gesê Cressida wil aangaan met haar lewe en fokus op haar beroep – iets waarmee sy sukkel omdat sy in die kollig is, berig Hello!. Lees die volledige berig hier. Cressida het dans studeer.

Die paartjie is glo op goeie voet uit mekaar en bly vriende.

Gerugte dat Harry vir Cressida gelos het, omdat sy “needy” is, is as onwaar afgemaak.

Harry en skoonsus, Kate FOTO: Getty Images / Gallo Images

Harry en skoonsus, Kate
FOTO: Getty Images / Gallo Images

Die vriend, wat anoniem wou bly, het ook gesê hy sal nie verbaas wees as die paartjie ná ’n tydperk weer saam opeindig nie.

Onthou, ouboet William en Kate se verhouding was ook vir ’n ruk op ys voordat hulle kansel toe is …

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Prins George by die dieretuin in Australië saam met sy ouers
FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO’S: George by die dieretuin

Bron: Hello!