Melissa voordat sy gewig verloor het FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Die rede waarom Melissa McCarthy haar eie klerereeks begin het

Aktrise Melissa McCarthy het in ’n onderhoud met die tydskrif Redbook gesê sy het uit noodsaak haar eie plus-grootte-klerereeks gemaak nadat sy niks kon kry om vir die Oscars aan te trek nie.

Melissa McCarthy is ’n swaargewig-komediant in Hollywood – op die kassie in die gewilde reeks Mike & Molly en op die grootskerm in films soos Bridesmaids, The Heat en Identity Thief. Maar toe sy twee jaar gelede Oscars toe moes gaan, het minstens 5 bekende ontwerpers vir haar gesê hulle kan haar nie help nie. Die rede? Haar lyf.

Uiteindelik het ontwerper David Meister vir haar ’n grys aandrok ontwerp. Maar dié rok het nie haar kurwes beklemtoon nie, wat veroosaak het dat baie publikasies haar uitgewys het as een van die swak-gekledes by dié geleentheid – klik HIER om te sien hoe sy gelyk het.

Melissa is ’n plus-grootte-aktrise – en trots daarop. Maar die gebrek aan klere vir plus-grootte-vroue het haar ondergekry. Daarom het sy besluit om haar eie klerereeks te begin.

Hoe voel jy? Is klere vir plus-grootte-vroue te skaars? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Lees ’n gedeelte van Melissa se onderhoud met Redbook HIER.

mellisa McCarthy