FOTO:  emojistickers

FOTO: emojistickers <

Het jy gehoor?

Die regte betekenis van dié 6 emoji’s

Partykeer is daar net nie woorde om jou opgewondenheid of woede uit te druk nie. Gelukkig doen ’n gesiggie wat glimlag of poppies wat dans die truuk! Daarom was ons baie verbaas om uit te vind dat sommige van dié gewilde karakters heeltemal verkeerd gebruik word!

Wat is die korrekte betekenis van ons gunsteling-emoji’s?

FOTO:  emojistickers

FOTO: emojistickers

1. Hoe mense dit gebruik: Verskietende ster / veels geluk / opwinding.

Regte betekenis: Ek voel duiselig, soos die sterretjies wat om strokiesprentkarakters se koppe draai wanneer hulle val.

2.  Hoe mense dit gebruik: Biddende hande / ek hoop vir iets / ek bid vir jou.

Regte betekenis: Dit is in der waarheid twee hande wat high five.

3. Hoe mense dit gebruik: Stop / ek volg nie, verduidelik weer / ek hou nie van die onderwerp nie.

Regte betekenis: Dit beteken eintlik om jou hande oop te maak vir iemand, amper soos ’n drukkie of ’n seën.

4. Hoe mense dit gebruik: Kyk my nuwe haarstyl / ek voel mooi en vol selfvertroue / die wêreld is aan my voete.

Regte betekenis: Oorspronklik is dié emoji bestem om ’n beampte by ’n inligtingsentrum te wees. Ons kan nie eintlik dink waarvoor enigiemand juis oor dié tipe beampte sal gesels en ’n emoji benodig nie, maar nou ja …

emoji

FOTO: emojistickers

5. Hoe mense dit gebruik: Ek is bang / ek het ’n spook gesien / ek het die verkeerde ding gesê.

Regte betekenis: Dié gesiggie is veronderstel om stilte te beteken.

FOTO:  emojistickers

FOTO: emojistickers

6. Hoe mense dit gebruik: Ek verstaan nie! / ek kan nie meer nie / ek gee op.

Regte betekenis: Dié emoji is ’n ballerina – het jy dit geweet?

Lees volledige artikel HIER.

Vandag is die woord ‘emoji’ deel van ons alledaagse woordeskat en is daroom nou amptelik aanvaar deur die Merriam-Webster-woordeboek. Lees meer HIER.

Bron: Popsugar en Emojipedia

  • Wiecus van Deventer

    Gawe insig, maar dis soos die gebruik van tipex. Almal aanvaar dis tipex so hoekom nou die massa mentaliteit probeer swaai. Dis te laat vir dié emoji’s