Het jy gehoor?

Die Jolie-Pitt-gesin land sonder drama in Japan

Brad (48), Angelina (36) en hul kinders, Maddox (10), Pax (7), Zahara (6), Shiloh (5) en die driejarige tweeling, Vivienne en Knox, sowel as twee kinderoppassers het baie ontspanne gelyk toe hulle ná ‘n lang vlug gister (7 November) op Tokio se Haneda-lughawe geland het.

Honderde wuiwende aanhangers het die Jolie-Pitts begroet en die kinders is duidelik gewoond aan ál die aandag en flitsende kameras.

Die gesin kuier in die Verre Ooste waar pa Brad die fliek Moneyball bemark. Slegs ‘n paar dae tevore was hulle in die Hongaarse hoofstad, Boedapest, waar Brad ekstra tonele vir die fliek World War Z geskiet het.

Die wêreld is beslis hul speelveld!

Moneyball se voorprent


  • Lalie

    in eerste klas het die kinders elk hulle eie speletjies en flieks – dis werklik geen probleem nie! het hulle nie ook dalk in hulle eie straler gekom nie? die oppassers was verseker vir die 3-jariges.
    ‘n vriendin het onlangs vingeralleen ekonomiese klas van london na brisbane gevlieg met ‘n lewendige 3 jarige en ‘n 4 maande oue baba wat sy borsvoed…sy het 2 keer van vliegtuig verander en was 21 ure later by haar bestemming – dis guts!

  • Sareta Lubbe

    Ek kan nie eerste klas bekostig nie, so ek is met ‘n vier en ses jarige op ‘n piepklein vliegtuigie na Vilancolous in Mosambiek gevlieg, dit was vir ons almal ‘n ervaring, Ehrus jnr het die koeldranke vir almal uitgedeel, want daar was nie ‘n lugwaardin aanboord nie, en nadat ons geland het, het ons fotos saam met die vlieeniers geneem, ongelooflike ervaring wat ons almal baie goed onthou!

  • Lindi

    Ek het ook met my 2 jarige en 10 maande oue baba van Amerika na Suid Afrika gevlieg. Altesaam 31 ure. Dit was ‘n belewenis.