FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Die rooitapyt-verrassings by die Golden Globes

Daar is by die Golden Globes meer ruimte om met modes te eksperimenteer as by die Oscars, daarom is dié geleentheid altyd so opwindend.

Dié 3 kunstenaars se modekeuses het ons die meeste verras.

Cate Blanchett

Cate is ons stylwenner met dié Givenchy-rok. Cate en die rok komplementeer mekaar. Sy hou van ongewone ontwerpe, maar ander dink weer dié rok was te ongewoon en het nie daarvan gehou nie.

Wat dink jy van haar rok?

Cate by die Golden Globes in 2014:

Kate Hudson

So waaghalsig, en dit werk vir haar! 

Kate het ook verlede jaar by die Golden Globes so ‘n bietjie vel gewys.

Jane Fonda

“Net amazing en so, só opwindend,” sê Fanie, ons styl- en sosiale redakteur. Ons mode-assistent Magdel is nie so seker oor dié uitrusting nie. 

Maar of dit nou vir jou ’n treffer of flop is, almal praat oor Jane se uitrusting.

Jane in 2015:

Lees ook