Sharlto Copley en sy meisie Tanit Phoenix FOTO: Twitter

Sharlto Copley en sy meisie Tanit Phoenix FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Dié SA Hollywood-sterre kuier saam in Hollywood

Suid-Afrikaners se talente ken geen einde nie – en Hollywood weet dit ook! En tussendeur die groot kontrakte en glansryke geleenthede het dié twee mekaar gevind …

Sharlto Copley, ook bekend as Wikus van der Merwe van District 9, en kaptein H.M. “Howling Mad” Murdock van The A-Team-film, speel in nóg ‘n trefferfilm teenoor Matt Damon. By die première van Elysium het sy meisie Tanit Phoenix hom vergesel.

FOTO: Maximo TV

FOTO: Maximo TV

FOTO: Sharlto en Tanit by Elysium se première

Tanit het verlede jaar na Los Angeles getrek om by Sharlto te wees. Tanit is bekend as ‘n model, maar haar akteursloopbaan begin nou vlamvat. Sy is in Spud 1 en 2 te sien, asook in Safe House en Death Race: Inferno.

Dié Hollywood-bekendes is in Suid-Afrika gebore

“Ek is mal daaroor hier, ek voel baie tuis. Maar ons reis terug Suid-Afrika toe wanneer ons kan om ons families te sien,” het sy aan die The Independent gesê. Blykbaar is dié twee baie gelukkig saam, maar vir nou nog geen trouklokkies nie.

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

FOTO: Tanit reis saam met Sharlto wanneer hy aan sy films skiet

Elysium speel af in 2154 waarin mense verdeel word tussen werkers en diegene wat in luuksheid woon. Die hoofspeler Max DeCosta (Matt Damon) wil egter nie sy lot aanvaar nie, en begin daarteen stry. Sharlto speel ‘n polisieagent wat wet en order moet handhaaf. Jodie Foster speel ook in dié film. Elysium se regie is deur die Suid-Afrikaner Neill Blomkamp (wat ook verantwoordelik is vir District 9) behartig.

Wat het Matt oor Neill Blomkamp gesê? Lees hier!

Addisionele bronne: IOL