FOTO: PEOPLE

Het jy gehoor?

Die sexyste man dié jaar verloof aan Namibiër

Elke jaar wys die skindertydskrif People die Sexyste man van die Jaar aan. En vir 2013 het hul niemand anders as Adam Levine wat verloof is aan die Nambiese model Behati Prinsloo, gekies nie.

Die 34-jarige sanger Adam Levine van Maroon 5 het dié goeie nuus ontvang tydens ’n opname van die werklikheidsprogram waarop hy ook ’n beoordelaar is, The Voice.

“As ’n musikant het jy drome om Grammy’s te wen, maar jy dink nie eers hieraan nie,” het hy gesê. “Ek het gedog hulle maak ’n grap toe hulle dit sê!”

ADAM LEVINE

Adam het ’n besige jaar gehad. Hy het saam met Maroon 5 getoer, The Voice opgeneem en verloof geraak aan Behati.

“Vir lank het ek gedink ek wil nie trou nie,” vertel hy aan People. “Maar ek voel nou reg en gereed daarvoor!”

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Behati en Adam FOTO: Gallo Images / Getty Images

Lees hier wat sê Behati se pa oor sy aanstaande skoonseun.

Wie het nóg die titel gekry?

Adam volg in die voetspore van onder andere Mel Gibson, John F. Kenny Jr, Sean Connery, Tom Cruise, Richard Gere, Brad Pitt en George Clooney. Verlede jaar se wenner was Channing Tatum.