FOTO Instagram / @therealgerihalliwell

Het jy gehoor?

Dié Spice Girl se tweede baba is gebore

Ginger Spice is nog ’n baba ryker! Geri Halliwell, voormalige lid van die 90’s-sanggroep Spice Girls, het die lewe geskenk aan haar tweede baba. Geri en haar man, Christian Horner, is die trotse ouers van klein Montague George Hector Horner. 

Geri het die nuus van klein Monty se geboorte met dié oulike foto’s op sosiale media gedeel:

Geri is verlede jaar getroud met Christian, Formule 1-baas van Red Bull. Dis die paartjie se eerste kind saam. Geri het ook ’n 10-jarige dogtertjie, Bluebell Madonna, uit ’n vorige verhouding.

Lees nou

Dié ster lyk onherkenbaar!

Bekende se derde baba gebore

Aktrise Gerwen Simon is swanger!