Rihanna het Duitsland ondersteun in die sokker wêreldbeker se eindstryd
FOTO: Instagram (@rihanna_mylife_)

Rihanna het Duitsland ondersteun in die sokker wêreldbeker se eindstryd FOTO: Instagram (@rihanna_mylife_)

Het jy gehoor?

Dié sterre het almal die sokker-eindstryd bygewoon

Die eindstryd van Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi in Rio de Janeiro gisteraand was beslis sover een van die hoogtepunte van die jaar – ook vir die bekendes …

Talle sterre het in die skare gesit om die eindstryd tussen Duitsland en Argentinië te kyk. Van Jamie Oliver tot David Beckham en Hollywood se Ashton Kutcher was daar, en hulle het elke oomblik op hul kameras vasgevang!

Kyk net dié foto’s van sommige van ons gunsteling-sterre by gisteraand se eindstryd, waar Duitsland se sokkerspan die nuwe wêreldkampioene geword het.

Die sangeres Rihanna, wat besluit het om Duitsland in die eindstryd te ondersteun, het selfs ná die wedstryd saam met die Duitse span gevier.

Voor die vieringe het die Jamaikaanse sanger eers ook saam met Engeland se Jamie Oliver pret gehad op die pawiljoen van die Maracanã-stadion in Rio. Die sjef het spesiaal vir die eindstryd Brasilië toe gevlieg.

Jamie Oliver en Rihanna neem 'n selfie by die eindstryd FOTO: Instagram (@jamieoliver)

Jamie Oliver en Rihanna neem ‘n selfie by die eindstryd
FOTO: Instagram (@jamieoliver)

Die gewilde sjef was in ekstase om by dié wedstryd te wees FOTO: Instagram (@jamieolivier)

Die gewilde sjef was in ekstase om by dié wedstryd te wees
FOTO: Instagram (@jamieolivier)

Ashton Kutcher was ook deel van die skare – sonder sy swanger verloofde, Mila Kunis. Hy het die wedstryd saam met die Brasiliaanse TV-aanbieder Luciano Huck gaan kyk.

Ashton en Luciano Huck tydens die eindstryd by vanjaar se Fifa-wêreldbeker in Brasilië FOTO: Instagram (@aplusk) FOTO:

Ashton en Luciano Huck tydens die eindstryd by vanjaar se Fifa-wêreldbeker in Brasilië
FOTO: Instagram (@aplusk)
FOTO:

Die Brasiliaanse skoonheid Gisele Bündchen se rol by die eindstryd was groter as die meeste ander sterre s’n – haar werk was om die trofee in ’n besonderse trofeekas by die stadion af te lewer. Die modehuis Louis Vuitton het dié kas spesiaal vir die geleentheid gemaak.

Nóg wêreldbeker-nuus op SARIE.com

HOE HET JY DIE EINDSTRYD GEVIER? Lewer kommentaar onder dié artikel of op SARIE se Facebook-of Twitter-blad.