FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prins Harry en die sterre kuier dié naweek in SA

Internasionale gholfspelers, sangers, akteurs, en prins Harry. Húlle is almal in SA dié naweek. 

Prins Harry gaan van Sondag tot Dinsdag in die Kaap wees. Hy en die span wat die Suidpool gaan besoek ten bate van liefdadigheid, kom hier bymekaar. Dinsdag vertrek hulle na Antartika waar hul maand lange ekspedisie begin. Die rooikop prins het onlangs sy toon gebreek, maar volgens Kensington-paleis gaan dié besering hom nie by die huis hou nie.

Lees hier hoe Prins Harry voorberei het vir die Suidpool

Die legendariese gholfspeler Gary Player se spesiale uitnodigingstoernooi, die Gary Player Invitational, het gister by Sun City afgeskop en dié jaar is daar groot name wat deelneem. Naas Suid-Afrikaanse sportsterre soos Retief Goosen, die voormalige Protea-krieketster Herschelle Gibbs en Gary Player self, is daar ook internasionale bekendes wat hulle slag op die gholfbaan gaan wys:

  • Tiger Woods se 23-jarige broerskind, Cheyenne Woods, uit Amerika is vanjaar die enigste vrou wat deelneem
  • Die CSI New York-akteur Carmine Giovinazzo
  • Die Ierse sanger en liefdjieskrywer Brian McFadden (van Westlife).
Cheyenne Woods saam met 2 van haar spanmaats tydens 'n vorige golftoernooi. (foto: Twitter)

Cheyenne Woods (middel) saam met twee van haar spanmaats tydens ‘n vorige gholftoernooi.
(foto: Twitter)

Carmine (links) saam met 'n aanhanger (foto: Twitter)

Carmine (links) saam met ‘n aanhanger
(foto: Twitter)

Brian is gereed vir aksie (foto: Twitter)

Brian is gereed vir aksie
(foto: Twitter)

Bron: E! Online