gerard_butler_getty
Het jy gehoor?

Die storie agter Gerard Butler se gewigsverlies

Die 41-jarige akteur het aan www.people.com vertel dat hy tans gereed maak vir ‘n branderry-fliek, Mavericks. Hy’s omtrent daagliks op sy branderplank, maar doen ook kardio-oefening en joga eerder as om swaar gewigte in die gimnasium rond te swaai. Tussendeur hou hy ‘n ogie oor wat hy eet.

Die eindresultaat is sy nuwe supersexy bruingebrande en gespierde lyf.

Die Skotse akteur is gek oor New York waar hy die laaste paar dae deur die paparazzi gekiek is. Hy was op die rooi tapyt vir ‘n spesiale vertoning van sy onlangse fliek, Machine Gun Preacher. Hy’t ook tyd afgeknyp om by die Diesel-vertoning tydens die New York Modeweek ‘n draai te maak.

Hoewel gerugte die rondte doen dat jy en Brandi Glanville, voormalige model en eksvrou van akteur Eddie Cibrian, ‘n paartjie is, het hy aan E! Entertainment vertel dat hy inderdaad enkellopend is.

Met dié nuwe lyf, glo ons nie meer vir lank nie!

DIE LOKPRENT VAN MACHINE GUN PREACHER

  • Tertia Smit

    Baie pragtig ja, maar hy was al voor die gewigsverlies aantreklik. Baie manlik

  • Tertia Smit

    Lyk na n baie goeie fliek, ek gaan dit beslis probeer kyk

  • ANNELIE

    HE LOOKED MUCH BETTER WITH A LITTLE MEAT ON HIS BONES BUT DEFINITELY THE SEXY PART- THATS TRUE

  • BeterEet

    Verseker! Oefeninge waar jy jou liggaam nog meer ‘druk’ – soos gewigte…kan hormone nodig vir gewigsverlies net verder deurmekaarkrap.. Joga word nie verniet al eeue lank gepraktiseer nie…ons moet almal bietjie meer asemhaal…