FOTO iStock

FOTO iStock

Het jy gehoor?

Die stories waaroor SA praat

5 dae, 5 top-stories

Tn wêreldgebeurtenisse wat skok tot die bikini se verjaardag. Dié week was daar baie opspraakwekkende nuus. Hier is die 5 top-stories van die week.

1) Oscar kry tronkstraf van 6 jaar

Ná ’n lang hofstryd is Oscar Pistorius gister in die Pretoriase hooggeregshof tot 6 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp.

Oscar se laaste onderhoud voor dié tragiese dag op 14 Februarie 2013 was met SARIE. Lees dié onderhoud HIER en kyk na die fotosessie.

2) Dolly word 20

As Dolly die gekloonde skaap nog gelewe het, sou sy Dinsdag 20 jaar oud gewees het. Twee dekades gelede toe sy gekloon is, het almal gedink dít is die begin van groot dinge – siektes wat genees word, babas en mense wat gekloon word … Maar dít was nie die geval nie.

Haar kloning het die wetenskap gehelp en ons kennis verbreed, maar daar is nog ’n lang pad om te stap, sê Scientific American.

*Dolly het op 14 Februarie 2013 op 6-jarige ouderdom gesterf aan ’n longinfeksie, wat algemeen is by diere wat nie baie buite toegelaat word nie. Sy staan nou in ’n museum.

Lees verder op Scientific American.

3) Juno se sukses! 

Ná ’n reis van byna 5 jaar het die ruimtetuig Juno Maandag in ’n baan om Jupiter se pole begin wentel. Die tuig sal poog om dié wentelbaan 37 keer te voltooi in ’n operasie wat tot Februarie 2018 sal duur.

Lees hier.

4) Wimbledon-obsessie 

Dit het 3 uur en 17 minute geduur, maar die 34-jarige Switser Roger Federer is deur na die 11de halfeindstryd van sy loopbaan. Hy het die Kroasiër Marin Cilic in 5 stelle geklop: 6-7 (4/7), 4-6, 6-3, 7-6 (11/9), 6-3.

Die Suid-Afrikaner Raven Klaasen en sy Amerikaanse dubbelspelmaat Rajeev Ram het die 11de gekeurde paar, die Bryan-broers, Bob en Mike, in die kwarteindronde met 7-6 (7/2), 6-1, 7-6 (7/4) geklop.

5) Veels geluk liewe Bikini, omdat jy verjaar!

Die bikini het Dinsdag 70 jaar oud geword. Die Franse ontwerper Louis Reard het op 5 Julie 1946 sy tweestuk aan die wêreld bekend gestel. Vroeër dieselfde week het Amerika ʼn atoombom-toets gedoen by die Bikini-atol, ʼn groep eilande in die Stille Oseaan. Daar is gehoop dat dié gewaagde swembroek ook ʼn “plofbare” reaksie in die kommersiële mark en popkultuur sal hê – soortgelyk aan dié van die atoombom-toets … Lees verder.

… en SARIE het verjaar! 

Op 6 Julie 1949 het die tydskrif vir die eerste keer op die rak verskyn en dié week vier ons haar 67ste verjaardag. Vandag gesels SARIE met meer as 2 miljoen lesers per maand deur haar verskillende publikasies en daagliks en uurliks op SARIE.com. Ja, ons wêreld is groter en vinniger as in 1949, maar ons stories bly steeds elke leser se storie. En daarvoor sê ons dankie.

Hier is 13 SARIE-feite wat jou dalk gaan verras!

* Nuus waaroor ons nóú praat

Geweld in Dallas

Vyf polisiemanne is oornag in die Amerikaanse stad Dallas, in die deelstaat Texas, doodgeskiet ná ‘n vreedsame betoging teen polisiegeweld. Die polisiebeamptes is glo deur sluipskutters afgemaai, lees verder op Netwerk24.

Chaos in Zimbabwe

Die situasie in Zimbabwe het mense in die laaste paar dae weer regop laat sit. Die beelde van geweld in Harare en by Beitbrug herinner ’n mens aan die tyd toe daar nog ’n sterk opposisie in Zimbabwe was, lees verder op Netwerk24.